(Jwplayer)

July 3, 2016

#ATTACK: UPDATE: ‘Get in the boot you white b***h,” shouted on of the black hijackers...

Marilize Bright, 34, who was seriously injured along with her children during a botched hijacking, has finally been discharged after spending 10 weeks in hospital.
#StopWhiteGenocideInSA
ALSO READ:

stopwhitegenocideinsareports.blogspot.com › ...
Apr 29, 2016 - Damian, Marelizi, Abigail and Marinique Bright (on her mother's lap). .... Farmitracker Boer Genocide Reports ... NatashaStop White Genocide In SA: The biggest road block to action on ...

GENOCIDE VICTIMS: Damian, Marelizi, Abigail and Marinique Bright (on her mother's lap).


stopwhitegenocideinsareports.blogspot.com › ...
Apr 21, 2016 - ... April 2016 after this young family's horrific ordealHer brother Damian,whose trachea was injured, ...


stopwhitegenocideinsareports.blogspot.com › ...
Apr 17, 2016 - Bid vir Damion 6, Abigail 10 en baba susie 1 en hulle mamma. ... van die Milpark- hospitaal in Johannesburg. ... Marilize het Vrydag omstreeks 15:00 vir Abigail en .... family and workers in South Africa, up to April 2011, view:.
We need all the prayers for this family, can't say the same for the scum laying on the road!!
#StopWhiteGenocideInSA

‘ Get in the boot you white b***h,” het ’n kaper geskree

Ma (34) tuis ná kaping, botsing
‘Get in the boot you white b***h,” het ’n kaper geskree, en toe het Mari­lize Bright (34) se lewe vir altyd verander.
Dis tien weke later en Marilize is pas uit die hospitaal ontslaan.

“Ek gaan nie vir jou jok nie,” sê dié ma van drie, “dit is vir my ’n baie groot aanpassing om weer aan my eie huisomgewing gewoond te raak.

 “Die buitewêreld is skielik scary . . .”
Marilize en haar drie kinders was buite die kleuterskool van haar jongste in Roodepoort toe die gesin gekaap is. Maar die kapers wou nie net haar Hyundai i20 en waardevolle besittings hê nie: Die hele gesin is ook ontvoer.

’n Jaagtog het gevolg en die i20 het teen ’n woonwa gebots. Enig-iemand wat daarna die wrak gesien het, was verbaas dat al ses passasiers vandag nog leef.

Abigail (9) se bekkenbeen was gekraak en haar regterarm was gebreek. Damian (8) se lewe was in gevaar, want hy het erge bloeding op sy longe gehad.

Marinique (1) was die enigste een wat vasgegordel was en niks oorgekom het nie. Weens die impak van die botsing is al die ander passasiers by die motor uitgeslinger en het só in die straat beland.

Marilize se brein- en nekbeserings het haar die langste van al die slagoffers in die hospitaal gehou. Sy het ook ’n ligte beroerte gehad wat die helfte van haar liggaam drasties laat verswak het.

Vandag nog wonder Marilize waarom die kapers nie net haar motor gevat het nie. Sy het nie ’n idee wie hulle is nie en weet ook nie wat hulle met haar en haar kinders wou doen nie.

“Abigail en Da­mian het agter ingeklim,” vertel sy van daardie dag. “Ek het vir Marinique voor in haar babastoeltjie vasgegespe.”

Sy wou net haar voertuig aanskakel toe die eerste kaper ’n vuurwapen teen haar kop druk en die sleutel gryp. ’n Tweede man het saam met klein Mari­nique by die passasiersitplek ingeklim en bo-oor haar gaan lê.

“Gelukkig het ons die kattebak se cover uitgehaal omdat die kinders se skooltasse nie lekker daar ingepas het nie. Só kon ek darem alles sien wat in die motor gebeur het.”

Sy was angsbevange.

’n Onderwyseres het dit alles gesien en dadelik die Apcan-sekuriteitsdienste ontbied. Dié wagte was deel van die doodsgevaarlike jaagtog waarin die Brights betrokke was.

“Ek het nie geweet of hulle ons dalk wil doodmaak of wat hulle alles met my en my meisiekinders gaan doen nie,” sê sy. “Die man agter die stuurwiel het teen ’n verskriklike spoed weggetrek. Die passasiersdeur was nie eens behoorlik toe nie en sy vriend se voete het nog uitgehang terwyl hy begin wegjaag het.

“Ek het sommer dadelik vermoed hier kom ’n groot ongeluk, maar ek het nie eintlik verwag hoe reg ek daaroor gaan wees nie.”

Drie dae later het sy in haar hospitaalbed wakker geword sonder om te weet waar haar kinders is. Haar man, Eugene (43), was daar om haar gerus te stel – almal leef.

“Ek sal weer gewoond raak aan my eie huis,” sê Marilize kalm terwyl sy saggies op haar onderlip byt. “Maar dit gaan ’n tydjie neem . . .”

Twee mans is op die toneel gearresteer en na die Leratong-hospitaal geneem. Hulle is intussen ontslaan en het in die streekhof in Florida verskyn waar borgtog geweier is. Die beskuldigdes is tans in die Krugersdorp-gevangenis.
■http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/ma-34-tuis-na-kaping-botsing-20160702
■http://nuus.info/get-in-the-boot-you-white-bh-het-n-kaper-geskree/

#StopWhiteGenocideInSA