(Jwplayer)

April 21, 2016

#ATTACK: UPDATE: Roodepoort: Little kidnap victim Abigail Bright, 9, was discharged from hospital on Tuesday 19 April 2016 after this young family's horrific ordeal: Her brother Damian, whose trachea was injured, reportedly was still on a monitor but reportedly doing better

#StopWhiteGenocideInSA

Die negejarige  meisie  wat Vrydag in Roodepoort saam met haar ma, broer en kleinsussie gekaap en ontvoer is, is uit die hospitaal ontslaan. Alan Bright,  Abigail  Bright  se  oom, het bevestig sy is Dinsdagmiddag ontslaan en sterk nou tuis aan. “Nou lê ses weke se  rus in die bed voor,” het hy gesê. Abigail is nou tuis by haar pa, Eugene en babasussie, Martinique (1). Maroela Media het vroeër berig Marilize Bright (34) het Vrydagmiddag kort voor 15:00 vir Abigail en haar jonger boetie, Damian (7), by Laerskool Horison in  Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het toe gery om vir Martinique by haar kleuterskool  daar  naby op te laai, toe hulle deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het  sowat 5 km verder op ʼn skerp draai beheer oor die motor verloor en is oor ʼn randsteen voordat die motor teen ʼn bakkie, wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het. Almal,  behalwe Martinique, het ernstige beserings in die botsing opgedoen. Volgens Alan, Eugene se  broer,  is  Marilize  en  Damian se toestand steeds kritiek, maar stabiel. “Tydens Eugene se besoek aan Marilize  Dinsdag het sy regop gesit, met hom gesels en iets geëet. Die dokters is tevrede met haar en Damian se vordering. Die dokters wil Damian later vandeesweek van die ventilator afhaal.” Die drie vermeende kapers is ook ernstig in die botsing beseer. Maroela Media het vroeër berig die  verdagtes  was veronderstel om Maandag in die Roodepoort-landdroshof te verskyn, maar die saak  is  uitgestel,  aangesien  twee  van  die verdagtes steeds in die hospitaal is.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/roodepoort-kaping-kind-ontslaan/ --
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1310460078967828&substory_index=0&id=116752351671946

ALSO READ:
We need all the prayers for this family, can't say the same for the scum laying on the road!!

GENOCIDE VICTIMS: Damion 6, Abigail 10, baby 1 & the mother Marilize Bright
#StopWhiteGenocideInSA