(Jwplayer)

April 17, 2016

#ATTACK: Family of 4 (mom Marilize Bright, daughter 6, son 10 and baby 1) hijacked on the 15th of April in Johannesburg suburb, black suspect fled the scene with the family in the vehicle and crashed, mom and son critical

We need all the prayers for this family, can't say the same for the scum laying on the road!!
GENOCIDE VICTIMS: Damion 6, Abigail 10, baby 1 & the mother Marilize Bright

#StopWhiteGenocideInSA

So lyk een van die gemors wat Marilize Bright en haar kinders gekaap het.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1370836549609553&id=116298045063416


Bid vir Damion 6, Abigail 10 en baba susie 1 en hulle mamma. Hijacker met hulle in die kar weg gejaag en toe ongeluk gemaak. Damion en mamma se lewe hang aan draadjie en abigail en sussie baie erg seer gekry. Asb laat almal wat julle ken bid

Berig deur Netwerk24

’n Vrou van Roodepoort en twee van haar kinders is met ernstige ­beserings in drie verskillende hospitale in Gauteng nadat hulle gekaap en ontvoer is en die booswigte in ’n woonwa vasgejaag het.

Marilize Bright (36) is nog bewusteloos in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg.

Sy het bloeding op die brein en ernstige rugbeserings.

Haar dogter Abigail (10) is ’n klipgooi van haar in die Garden City-hospitaal met ’n gebreekte arm en ’n gebreekte pelvis.

Haar seun, Damian (7), is in die hoësorgeenheid van die Clinton-hospitaal in Alberton. Hy het ernstige kopbeserings, ’n gat in ’n long en is aan ’n ventilator gekoppel.

Martinique Bright (1) was eers saam met haar ma in die hospitaal, maar is intussen ontslaan.

Sy is nou in die sorg van haar pa, Eugene (43), wat sukkel om by sy hele gesin uit te kom.

Teen eergistermiddag was hy nog nie eens by sy vrou se hospitaal gewees nie, sê Alan Bright, sy broer, aan Rapport. Hy het eers by sy seun se hospitaal gehoor sy gesin is daar weens ’n kaping.

Marilize het Vrydag omstreeks 15:00 vir Abigail en Damian by die skool gaan haal met haar ligblou Hyundai Getz.

Nadat sy vir Martinique by die kleuterskool gaan optel het, het drie mans ­hulle voor die skool gekaap en ontvoer.

“Hulle het vir Marilize en die kinders op die agtersitplek laat lê terwyl een kaper bo-op hulle gaan sit het in ’n poging om hulle te versteek,” sê Alan.

Patrick Simelane, ’n veiligheidswag van Apcan-veiligheid, was toevallig op die toneel. Hy het onraad vermoed omdat een van die motordeure half oop was en dit gelyk het of van die passasiers probeer ontsnap. Die skool se personeel het vir hom gesê die motor is gekaap.

“Ek het hulle onmiddellik agterna gesit en hulp geroep,” sê hy.

In sy jaagtog het Simelane teen ’n ander voertuig gebots. Steve van Eeden, ’n motoris wat dit gesien het, het aan News24 vertel hoe hy hulle ook agterna gesit het.

Richie Crament, ’n mediese beampte van Apcan, was gelukkig op pad om Simelane te hulp te snel. “Ek het gesien hoe die kapers beheer verloor,” sê Crament.

Dit was sowat 5 km van die ­kapingstoneel. “Hulle is oor ’n halwe eiland en het reg aan die oorkant van die pad in die aankomende verkeer tot stilstand gekom,” sê hy. “Só het hulle teen die woonwa gebots.”

Twee mans wat die woonwa met ’n bakkie gesleep het, het ligte beserings opgedoen.

Twee van die ­kapers het vergeefs probeer om uit die Getz te ontsnap en ­Crament het hulle aangekeer. Die derde kaper is deur omstanders vasgetrek.

Marilize en Damian moes met aparte helikopters van die toneel verwyder word.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, word die kapers in die Laratong-hospitaal aan die Wes-Rand behandel. Hulle is onder polisiebewaking.

Daar is gister by die Laerskool Horison, waar die twee oudste kinders skoolgaan, ’n gebedsdiens vir die Brights gehou.

“Abigail is een van my beste maatjies,” sê Tatum Anderson (10), ’n hartseer klasmaat.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1370706862955855&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA