This time she was ambushed by heavily armed blacks...who used a AK47 to smashed the vehicle's window... she was roughly dragged out of the vehicle into the house... where they tried to suffocate her with a plastic bag....
GENOCIDE VICTIM: Sonia Geyser (69)
#StopWhiteGenocideInSA
Deur Marietie Louw-Carstens 05 Mei 2016 Netwer24.
Twee vroue is Woensdag in twee afsonderlike huisrooftogte in onderskeidelik Modimolle (Nylstroom) en Groblersdal in Limpopo oorval en aangerand.
Sonia Geyser (69) van Groblersdal het ’n verbete stryd met haar aanvallers gehad toe sy kort ná 17:00 oorval is toe sy by haar huis stilgehou het.
Haar seun, Awie, sê drie mans wat met ’n AK47-aanvalsgeweer en ’n 9mm-pistool gewapen was, het haar ingewag.
“Hulle het die bakkie se vensters met die AK47 stukkend geslaan en my ma uit die bakkie gegryp.”
Geyser is hardhandig oor die vloer van die motorhuis gesleep en die huis ingeboender.
Die rowers het die hele tyd gesê hulle soek geld.
“Hulle het my ma met ’n plastieksak probeer versmoor . . . dit was vir haar die ergste. Sy het die sak stukkend geskeur en verskriklik hard terugbaklei,” sê Awie.
Geyser is in haar slaapkamer toegesluit terwyl die drie mans in die huis gekyk het wat hulle kan steel. Hulle het twee windbukse en ’n klein bedrag geld gevat.
“My ma het haar tweerigtingradio in die hande gekry en daaroor gefluister om hulp, sodat die aanvallers haar nie hoor nie.”
Die dorp se buurtwag het blitsig reageer, maar die aanvallers het weggekom.
Awie sê sy ma is erg gekneus. “Sy kan vandag skaars loop, maar sy is ’n baie sterk vrou en gaan aan.”
Geyser is sowat twee maande gelede ook beroof.
“As dit nie vir die buurtwag in Groblersdal was nie, weet ek nie wat sou gebeur het nie. Die misdaad is baie hoog hier,” sê Awie.
ANOTHER SEPERATE #ATTACK:
In nog ’n afsonderlike voorval:
Is ’n 76-jarige vrou Woensdag in Modimolle in haar huis aangerand en beroof. Die vrou, wie se identiteit weens veiligheidsredes nie bekend gemaak word nie, het omstreeks 12:00 by haar huis in Steve Tshwete-straat stilgehou toe drie mans en ’n vrou hulle glo as voornemende huiskopers voorgedoen het.
Hulle het die vrou die huis ingeboender en haar met kabelbinders vasgebind.
Sy is van juwele, haar selfoon en geld beroof.
Die polisie het mense gemaan om nie vreemdelinge wat hulle voordoen as voornemende huiskopers, in hul huise toe te laat nie.
Die rowers word nog gesoek.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1384494911577050&substory_index=0&id=116298045063416
#StopWhiteGenocideInSA