#BlackViolenceContinuesInSA
Nog twee skole in Vuwani, Limpopo, is Woensdag aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakening. Dit bring die getal skole wat tydens die afgelope week se betogings gebrand is op 15 te staan. Elaijah Malatji, polisiewoordvoerder, het gesê vier klaskamers by die Munwai Laerskool en ʼn personeelkamer by Tshinavhe Secondary School is deur betogers aan die brand gesteek en heeltemal verwoes. Volgens Malatji is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die onlangse voorvalle van brandstigting nie. Geweld in die gebied het weer Sondagaand opgevlam toe betogers die strate ingevaar het nadat die hooggeregshof hul aansoek om steeds onder die Makhado-munisipaliteit te val van die hand gewys het. Die inwoners het die hof genader om die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) dat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word om te keer. Die MDB het al in 2014 aangekondig dat een munisipaliteit in Limpopo se Vhembe-distrik voortaan deur die nuwe munisipaliteit bestuur sal word. Sedert die mees onlangse hofuitspraak het inwoners woedend gereageer deur skole af te brand, paaie te versper, motors met klippe te bestook en met onruspolisie te bots. Verskeie voertuie, ʼn poskantoor en ʼn stamkantoor is ook vandeesweek aan die brand gesteek. Stan Mathabatha, Limpopo se premier, en lede van sy kabinet sal na verwagting vandag met tradisionele leiers vergader.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/15-skole-deur-limpopo-betogers-gebrand/
#StopWhiteGenocideInSA