Vermiste bejaarde gesoek
Heidelberg Polisie vra die publiek se hulp met inligting oor die vermiste Johanna Francina Willemse (66) wat Saterdag verdwyn het.
Sy het Saterdag in haar goue Toyota Tazz (registrasienommer TBN 189GP) by haar huis in Viljoenstraat weggery, sonder dat sy aan iemand gesê het waarheen sy gaan. Sy is nog nie weer gesien nie.
Sy dra ‘n goueraam bril, is 1,6m lank, weeg 68kg en het blou oë.
Johanna het gedragsveranderinge begin toon ná ‘n beroerte verlede jaar en is op chroniese medikasie vir hoë bloeddruk.
Enigiemand wat weet wat van Johanna geword het of haar gesien het, kan Speurder Konstabel Shambane by 016 341 5175 of 083 675 8546 of haar dogter Ina Willemse by 082 773 4027 skakel.
Source
■ FOUND: Jana Brown to Boere Krisis Aksie (B.K.A.)
Hi almal. Ek het geen details, maar Sanette het my gevra om almal te bedank vir die gebede en elke liewe share. Haar ma is gevind. Sy is veilig. Sy is okay. Dank die Vader daarvoor. Weet niks anders nie. Baie dankie vir almal se hulp. Dit word opreg waardeer. Lekker aand verder. https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1218969914796218&id=116298045063416&fs=0