(Jwplayer)

September 10, 2015

#FarmAttack: Update: Black Zimbabwean, Ian Chucho (29) , found guilty of assaulting & raping #Afrikaner woman and sentenced to 20 years imprisonment



Plaasverkragting: Slagoffer praat hart uit oor ‘daai dag’

Op Maandag 23 Maart vanjaar was Mariaan Wentzel (41), ʼn diereliefhebber en DBV-inspekteur van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, saam met haar drie kinders in die sitkamer van die plaashuis waar hulle pas ingetrek het besig om bokse uit te pak. Skielik het ʼn vreemdeling, gewapen met ʼn ysterpyp, sy verskyning gemaak. Die 40 minute wat daarna gevolg het, het haar lewe onherroeplik verander.
“Ek het daardie dag nie gaan werk nie. Ons het oor die naweek van Lephalale na Renosterfontein buitekant Vaalwater verhuis, of altans my man het die trek behartig, want ek was in Kaapstad en het Sondagaand teruggery. Ek was moeg ná die lang pad en het besluit om nie die dag die kinders skool toe te stuur nie sodat ons bokse kan uitpak en onsself kan begin inrig,” het Wentzel Donderdag aan Maroela Media gesê.

Ian Chucho (29), ‘n Zimbabwiër, wat Wentzel aangerand, verkrag en beroof het, is Woensdag tot  effektiewelik 20 jaar tronkstraf gevonnis deur landdros Theuns Prinsloo in die Modimolle (Nylstroom)-streekshof.
Chucho het op die dag van die aanval omstreeks 11:00 toegang tot die plaas, wat met wildsheining omhein is, gekry. Hy het die huis waar Wentzel, haar twee dogters, onderskeidelik 7 en 9 jaar oud, en vyfjarige seun doenig was, binne gegaan.
Haar man, Morne Wentzel, was ten tyde van die aanval besig om ʼn vrag huisware van Lephalale na die plaas aan te ry.
“Ek het met my rug na die deur gewerk. Die volgende oomblik het my hond tekere gegaan en my kinders het gegil. Toe ek omdraai het hy my die eerste hou gegee.” Sy vertel sy kon sien dit was nie ʼn plaaslike man nie en het hom in Engels aangespreek. “Ek het hom gevra ‘What do you want?’. Hy het sy vinger op sy lippe gesit en gewys ek moet stilbly. Ek vra toe weer, ‘Just tell me what you want, I will give you anything’.”
Chucho het gesê hy wil geld hê. Sy het gesê sy het nie geld nie, maar hy kan die televisie, rekenaar en selfone vat. “Ek het gesê ‘Just take what you want and go’.” Hy het haar weer geslaan en die twee selfone wat daar gelê het, gegryp. Sy vir haar kinders geskree om badkamer toe te gaan, wat hulle gedoen het.
Hy het haar by die voordeur uitgestamp. “Ek was op die grasperk en het hom weer gevra ‘Please take what do you need, what do you want from me? I will give you whatever you want’. Hy het my met die pyp op my kop geslaan en terselftertyd na sy broek gewys. “Toe weet ek daar is moeilikheid.”
Intussen het haar kinders by die venster uitgekyk en geskreeu toe hulle hul ma, wat toe erg gebloei het, gesien het. “Ek sê toe, ‘Please not here and just leave my kids alone’.Met dié het hy my na die waterpompstasie, sowat 10 m van die huis af, gevat en dit is waar alles gebeur het.”
Wentzel het gesê sy weet nie waar sy die selfbeheersing en kalmte vandaan gekry het nie. “Dit is net asof iets vir my gesê het ‘Mariaan jy moet nou rustig wees, hier is moeilikheid’. Dit is genade van Bo wat my gelei het. In ʼn stadium het dit vir my gevoel of ek nie meer in my liggaam is nie. Toe die dinge met my gebeur het, was dit asof God oorgevat het om dit vir my makliker te maak. Dit het baie, baie lank gevoel. Die tydsduur van die aanval, tot my man daar aangekom het, was sowat 40 minute.”
Sy het gesê sy vermoed hy het nie gekom om te steel nie. “Hy het spesifiek daardie dag gekom om te doen wat hy gedoen het. Toe hy klaar is, het dit gelyk of hy baie senuweeagtig was. Hy het uitgestap en rondgekyk. Ek was bang hy sou teruggaan na my kinders toe. Ek het baie gebloei, was duiselig en was orals seer. Al wat deur my kop gegaan het, was om enigiets te doen om hom van die huis af weg te hou, maak nie saak wat nie.”
Haar man, wat saam met een van haar DBV-kollegas was, het in daardie stadium met die bakkie by die plaashek aangekom. “Gelukkig het ons die voertuig gehoor. Dit was ver maar die enjin se geluid het weergalm. Ek het geweet hulp is op pad, alhoewel ek toe nie geweet het wie dit was nie.”
Chuco het senuagtig geraak. “Ek het vir hom gesê, ‘Just take your stuff and run because today they are going to kill you’. Hy het homself skoongemaak, die fone gevat en gehardloop.”
Wentzel is met ʼn oop kopwond en verskeie blou kolle aan haar gesig, arms, rug en lyf buite by die huis se hek aangetref. “My werker het die hek oopgemaak. Ek het vir hom geskreeu, ‘help my ek is aangeval’. My man het toe met die bakkie ingejaag en my op die gras gekry. Al wat ek kon sê is, ‘ek is aangeval en verkrag’. Ek weet nie wie hy gebel het nie, maar binne 10 minute was die plaas vol mense.”
Op die vraag oor wat alles ná die aanval deur haar kop gemaal het, antwoord sy vinnig: “Ek was kwaad, teleurgesteld, ek het hom verwyt. Ek was kwaad vir alles en almal. Ek het seer gehad en  gevra hoekom dit moes gebeur. Al dié emosies gaan gelyk deur jou kop. Jy is bang. Jy het die hele tyd vreeslike vrees in jou. Die emosies gaan nie vinnig weg nie. Daar is baie dae wat ek nog verwyt en kwaad raak en die hoekom-vraag vra, maar dit raak makliker met die tyd saam, want jy begin dit verwerk.”
Sy het gesê sy glo daar is sekere dinge wat sy nog vir jare saam met haar sal moet dra en verwerk. “Ongelukkig kan jy dit nie net los en sê dit is verby nie.”
Wentzel se huisdokter het haar ná die aanval behandel. Hy het vir haar ʼn kalmeermiddel en antiretrovirale medisyne gegee. Foto’s is van haar beserings geneem, haar wonde is behandel en sy het DNS-monsters laat neem en bloedtoetse ondergaan. “Ek dank die Here dat ek nie MIV positief is nie!”
Sy het gesê sy was nog nooit weer sedert daardie dag terug plaas toe nie. “Omliggende boere het dieselfde dag en die dag daarna al ons besittings teruggevat Lephalale toe, waar ek van toe af gebly het.”
Wat haar kort ná die aanval die meeste vertroosting gegee het, is die feit dat die polisie uitstekende werk gedoen het. Deur hul vinnige optrede is Chuco op 10 April in Vaalwater aangekeer. “Dit was ʼn groot verligting om te weet hy was nie meer op straat nie en kan nie terugkom om wraak te neem nie.”
Die eerste keer wat sy Chuco weer in oë gekyk het, was toe sy hom kort ná sy inhegtenisname moes gaan uitken. “Ek was baie bang en gladnie seker wat vir my voorlê nie. Ek moes letterlik face to face met hom in aanraking kom en hom uitwys deur aan hom te raak. Ek het hom onmiddellik uitgeken. Ek het die krag gekry en ek het gedoen wat ek moes, met haat en seer steeds in my.”
Sy het hom daarna net twee keer weer vlugtig tydens hofverrigtinge gesien. Chuco het glo geensins enige tekens van berou vir sy dade getoon nie.
“Hy kan nie in aanmerking kom vir parool voor 20 jaar verby is nie. Dit is goed om te weet dat hy vir 20 jaar uit die samelewing gaan verdwyn en dat ʼn mens nie om enige hoek of draai in hom gaan vasloop nie.”
Hoewel sy bly is dat geregtigheid geskied het en Chuco tronkstraf gekry het, voel sy dat 10 jaar nie genoeg tronkstraf is vir ʼn verkragting nie. “Daar sal nooit ʼn vonnis wees wat lank genoeg is vir so-iets nie.”
Op die vraag of die tronkstraf vir die aanklag van roof met verswarende omstandighede vir haar aanvaarbaar is, antwoord sy:



Sy het gesê ʼn wonderlike ondersteuningsgroep, haar gesin, geloof en deur oor die voorval te praat, het haar gehelp op haar pad na genesing.
Wentzel se man woon en werk tans in Port Elizabeth en sy beplan om aan die einde van die jaar by hom aan te sluit. Sy beplan om daar by ʼn instansie betrokke te raak wat verkragtingslagoffers bystaan.
Haar raad aan ander mense, mans en vroue, wat verkrag is, is: “Gaan praat. Praat met iemand, doen net iets want dit is nie nodig om stil te bly nie. Jy het niks om oor skuldig te voel nie. Jy het niks verkeerd gedoen nie. Praat, die gereg sal jou help. Jy bly nie stil nie. As ek stil gebly het, sou ek nie gemoedsrus gekry het nie.”
Maroela Media het haar gevra of sy Chuco ooit sal kan vergewe. “Vergewe ja, vergeet nooit.”
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasverkragting-slagoffer-praat-hart-uit-oor-daai-dag/

#StopWhiteGenocideInSA