Farmer shot and killed black attacker after being attacked with machete
Boer skiet vermeende aanvaller dood
ʼn Vermeende plaasaanvaller is Sondagaand op ʼn plaas in die Richmond-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê toe polisie by die plaas opdaag, het ʼn onbekende man op die stoep van die huis gelê met ʼn skietwond deur sy regteroog. Hy het glo ʼn panga by hom gehad. Zwane het gesê die gebeure wat tot die verdagte se dood gelei het, is nie in dié stadium duidelik nie. Hy kon ook nie bevestig hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie.
Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat daar drie verdagtes op die plaas was. Die boer het glo die verdagtes buite in die erf gesien en ’n waarskuwingskoot afgevuur. Twee van die verdagtes het gevlug en een verdagte het met ʼn panga op hom afgestorm. Hy het die verdagte in die kop geskiet.
Volgens Zwane word ʼn saak van moord ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem nie. Maroela Media het Sondag berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/rower-oplimpopo-plaas-doodgeskiet/) van ʼn soortgelyke voorval toe ʼn vermeende rower op ʼn plaas naby Letsitele in Limpopo doodgeskiet is. Die man het glo toegang deur ʼn venster probeer kry toe hy geskiet is.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/boer-skiet-vermeende-aanvaller-dood/
#FarmAttack: Update KZN FARM ATTACK: 3 black suspects, 1 charged victim with panga / machete . Victim shot him between eyes.
https://twitter.com/IanCameron23/status/640779245409714176
Awaiting more details...
https://twitter.com/IanCameron23/status/640757441894969344
#StopWhiteGenocideInSA