(Jwplayer)

July 6, 2016

#ATTACK: Shocking moment... a white baby is thrown against a cupboard, a machete was also held against the baby's throat after a Hennenman mother & baby were attacked by 2 black attackers at a business on Wednesday

GENOCIDE VICTIMS: 
The Mother and baby (7 months)
#StopWhiteGenocideInSA
’n Baba is Woensdag op Hennenman teen ’n kas gegooi nadat ’n panga eers teen die kind se keel gehou is in ’n rooftog by ’n onderneming in die dorp.

Die sewe maande oue baba se ouma, Essie Maass, sê haar skoondogter is by die onderneming wat bousand verkoop, oorval kort nadat sy die winkel Woensdagoggend oopgesluit het.

Twee mans wat blykbaar hul koppe en arms in swart sykouse gedruk het om hulle te vermom het geld van Anuschka Serfontein geëis.

Een van die mans het die baba gegryp en ’n panga teen haar keel gedruk. Serfontein het al die geld, R8 000, in die winkel aan die mans oorhandig.

Toe sy hulle smeek om die baba terug te gee het die een rower die baba “soos ’n pop” deur die lug gegooi.

Die baba het teen ’n kas in die kantoor geval waarna sy ’n oomblik geluidloos op die vloer gelê het.

Serfontein het haar gegryp en by die kantoor uit gevlug om hulp te ontbied.

Een van die rowers het haar met ’n sespak-langlewemelk teen haar rug gegooi.

Sy het ’n inwoner in die straat buite die onderneming voorgekeer. Die man het die polisie ontbied.

Maass sê volgens Serfontein het albei die vermomde mans goed Afrikaans gepraat. Die een het ’n Kaapse aksent gehad.

Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê hy sal later ’n verklaring uitreik.

Serfontein was so getraumatiseer ná die voorval dat ’n dokter haar moes verdoof.

Die baba is deur die dokter ondersoek en hy het ’n groot knop agter haar kop ontdek. Haar toestand word dopgehou 

Deur Alet Van Der Walt 06 Julie 2016 / Netwerk24
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/rower-druk-panga-teen-baba-se-keel-gooi-haar-20160706
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1431958830163991&substory_index=0&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA