(Jwplayer)

June 13, 2016

#FarmAttack: UPDATE: North West police search for five black attackers after an elderly couple were attacked on their farm near Vryburg

Vryburg - Die polisie in Noordwes soek na vyf mans wat ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Vryburg aangeval en beroof het.

Polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, sê die boer se vrou is gister omstreeks 09:00 buite hul plaashuis sowat 23km op ‘n grondpad na Reivilo deur die rowers oorrompel toe sy die hoenders kos gegee het. Haar man was by sy beeste elders op die plaas. 

Sy is in die huis ingedwing. Volgens Moleke het die boer eers later tuis gekom en is in die huis deur een van die mans met ‘n harde voorwerp teen die kop geslaan. Hy is in hul sitkamer met ‘n tou vasgebind. Sy vrou was reeds vasgebind.

Sy sê die rowers het die huis deursoek en met ‘n onbekende bedrag geld en twee selfone op die vlug geslaan. Die boer se roomkleurige Toyota-bakkie word ook vermis. Volgens haar het die erg geskokte slagoffers ligte beserings opgedoen.

Hulle het mediese behandeling op Vryburg ontvang. Die polisie gaan nie hul name bekendmaak nie. ‘n Klag van huisbraak en diefstal van ‘n voertuig word ondersoek. Moleko sê die rowers het die kluis se sleutel van die boer geëis. Hulle het op twee gewere afgekom, maar dit nie gevat nie. “Dit wil voorkom of die booswigte handwapens gesoek het,” sê sy.
http://www.ofm.co.za/article/local-news/187007/bejaarde-egpaar-op-plaas-by-vryburg-aangeval

#StopWhiteGenocideInSA