(Jwplayer)

June 13, 2016

#ATTACK? Afrikaner urologist, Dr. Pieter Gouws (60) was shot in the head on Friday night

#StopWhiteGenocideInSA

'N Bekende uroloog van Vereeniging veg om sy lewe in 'n hospitaal aan die Rand nadat hy Vrydagaand in die kop geskiet is.

Dr. Pieter Gouws (60) is Vrydagaand in die kop geskiet en is steeds in 'n koma.

Carel Marx, woordvoerder van die familie, het Maandag gesê Gouws het in 'n woonstel in Vereeniging gewoon. Hy het die woonstel die afgelope paar maande gehuur.

Die polisie was onmiddellik ná die voorval op die toneel en "ondersoek 'n saak".

Marx sê daar was " 'n vrou" op die toneel."Ons weet in hierdie stadium nie watter soort saak ondersoek word nie, maar die polisie beskou die plek waar hy geskiet is as 'n misdaadtonee".

Marx het gesê die familie wil nie graag die naam van die hospitaal bekend maak waar Gouws verpleeg word nie.

"Al wat ons kan sê, is hy is in 'n bedenklike toestand."

Gouws is getroud met dr. Claudia Gouws, 'n geskiedkundige.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/bekende-uroloog-in-kop-geskiet-20160613

#StopWhiteGenocideInSA