(Jwplayer)

June 13, 2016

#MURDER: UPDATE: Four years ago there were four white people murdered, including a five-month-old baby & their killers still roam free

4 MURDERS in ONE WEEK !!!
Kol. Anton Crafford en sy kollega, lt. Elize Keyter, afgeneem op pad na die lykswa. Kol. Crafford het self die vermoorde baba in 'n kombersie toegedraai en uitgedra. FOTO: Beeld.
GENOCIDE VICTIM: The murdered Afrikaner baby, Wiehan Botes wrapped in a blanket and carried out
#StopWhiteGenocideInSA

Vier moorde in een week

Vier jaar gelede is daar vier mense, waaronder ‘n vyf maande oue baba vermoor, maar hul moordenaars loop steeds vry rond

Kol. Anton Crafford en sy kollega, lt. Elize Keyter, afgeneem op pad na die lykswa. Kol. Crafford het self die vermoorde baba in 'n kombersie toegedraai en uitgedra. FOTO: Beeld.

• 23 Mei 2012: Die vyf maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, me. Magrietha de Goede (66) word vermoor by me. De Goede se huis in Delmas.

Wiehan Botes 

Die destydse bevelvoerder van die plaaslike Provinsiale kriminele rekordsentrum (PKRS) Taakspan, kol. Anton Crafford en sy kollega, lt. Elize Keyter, het as forensiese deskundiges die toneel vir bewyse gefynkam.

Kol. Crafford het self nog die babalykie met ‘n kombersie toegedraai en na die lykswa gedra.

Verskeie eenhede, waaronder die Middelburg Georganiseerde Misdaadeenheid (Valke), het saamgewerk en binne etlike dae is twee verdagtes gearresteer en juwele van me. De Goede by hulle gevind.

Hulle het egter me. De Goede se tuinier, Themba Ephraim Mahlangu, beskuldig van die moord.

Kol. Crafford sê dat ‘n bebloede hemp van Mahlangu destyds by sy ma se huis gekry is. DNA-toetse het later bepaal dat die bloed daarop dié was van me. De Goede.

‘n Lasbrief is uitgereik vir die arrestasie van Mahlangu.

Kol. Faan Steenkamp (Bevelvoerder, Valke, Middelburg) het hierdie week gesê dat Mahlangu steeds op vrye voet is. Hy sê dat die twee mans wat kort na die moord gearresteer is, laat gaan is todat Mahlangu opgespoor kan word.

Die ondersoekbeampte in hierdie saak is adj. Steve Msiza (Middelburg Valke). Enige persoon wat inligting het oor waar Mahlangu hom bevind, kan adj. Msiza bel by 013 249 8000.

• 30 Mei 2012: Igna Nortjé word ontvoer by haar huis in Sipresstraat (Dennesig).

Die moordenaar het met haar in ‘n kattebak rondgery en ‘n inwoners en petroljoggie het gehoor hoe iemand in die kar skop. Een van die ooggetuies het die voertuig probeer agterna sit, maar die BMW (me. Nortjé se eie voertuig) het onder hom uitgery.

Haar lyk is dieselfde aand in ‘n sloot in Verena gevind. Sy is verskeie kere met ‘n mes in die nek gesteek.

Kol. Crafford was ook op dié toneel en glo vas dat die motief vir die moord nie roof was nie.

Die gaspistool wat uit die kluis gehaal is, is langs haar lyk gekry. Haar trouringe is ook by haar gekry en selfs haar dag se kosblik met eetgoed is nog in die kattebak gevind.

Kol. Crafford was omgekrap omdat polisielede die voertuig geskuif het. Buiten hul vingerafdrukke is daar egter ook ander DNA en vingerafdrukke in die voertuig gekry. Dit kon egter tot op hede nie positief verbind word met enige verdagte nie.

Andries Tjetla is destyds gearresteer omdat hy in besit was van Igna Nortjé se selfoon. Hy het gesê dat hy die foon opgetel het. Hy is laat gaan omdat hy nie positief verbind kon word met haar moord nie.
Al wat ooit vermis is, was haar selfoon.

‘n Paar weke na haar moord is Andries Tjetla gearresteer, omdat hy in besit was van me. Nortjé se selfoon. Volens hom het hy die selfoon langs die pad opgetel in die Verena omgewing

Hy is laat gaan omdat hy nie positief verbind kon word met haar moord nie.

‘n Gesigprofiel (identikit) is saamgestel, maar tot op hede is hy steeds op vrye voet.

Adj. Msiza is ook die ondersoekbeampte in hierdie saak.

• 2 Junie 2012: me. Julie Cruse (72), word wreed vermoor in haar huis in Pullenshope. Sy was ‘n bekende inwoner op dié dorp en eienaar van die drankwinkel.

Haar moordenaars het haar hande met skoenveters agter haar rug vasgebind, met ‘n strykyster gebrand, herhaaldelik teen die kop geslaan, ‘n kombuislap in haar keel gedruk en haar mond en keel met ‘n serp vasgemaak.

Kol. Crafford en sy span het ook hierdie toneel gefynkam en vingerafdrukke in die huis gekry.

Die skuldiges is egter nooit vasgetrek nie.

Die ondersoekbeampte in hierdie saak is lt. Simon Shabangu (bevelvoerder, Hendrina Polisie). Enige persoon wat inligting het wat kan lei tot die arrestasie van die skuldiges, kan hom bel by 082 318 9650.

• Kol. Crafford het intussen afgetree.
http://mobserver.co.za/50191/daleen-naude-2/

#StopWhiteGenocideInSA