(Jwplayer)

June 1, 2016

#FarmAttack: Afrikaner pilot, Pieter Roets (27) was the second victim targeted by armed black attackers in Muldersdrift on Tuesday night

GENOCIDE VICTIM: Survives:
Pieter  Roets
#StopWhiteGenocideInSA
ʼn Gautengse vlieënier moes Woensdag in die vroeë oggendure byna twee uur lank vasgebind op die vloer van sy slaapkamer lê terwyl  gewapende rowers derduisende rande se huishoudelike items  uit  sy  huis gedra het. Pieter  Roets (27) was glo die tweede slagoffer in Muldersdrift wat Dinsdagnag onder gewapende rowers deurgeloop het. Ernst  Roets,  Pieter  se  broer en adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê dat Pieter op sy sitkamerbank in sy kothuis aan die slaap was toe hy oorval is. “Hy het tussen 00:00 en 01:00 wakker geskrik en gesien hoe een van die rowers uit die kombuis gestap kom, terwyl  nog twee deur die venster geklim het. Toe hy opspring, het hulle ʼn rewolwer op hom gerig,” het  hy gesê. Volgens Ernst het die rowers Pieter se skoenveters uitgeryg en sy hande daarmee vasgebind. Hulle  het hom op die vloer van sy slaapkamer laat lê, ʼn kombers oor hom gegooi en hom beveel om stil  te  bly.  “Daarna  het  hulle  sy  huis  leeg  gedra. Sy selfoon, televisiestel,  ʼn  jaggeweer  wat  in  die kluis  was,  enigiets  wat  waardevol is,  het  hulle  gevat.  Ons het uitgewerk dat hulle met omtrent R130 000 se goed weg is,” het Ernst gesê. “Teen 02:00 se kant het hulle vir hom gesê hy moet nog twee ure stil op die vloer lê voordat hy opstaan en toe het hulle gevlug. Hy het so tien minute gelê om seker te maak alles is stil en toe opgestaan.  Hy het ʼn knipmes gebruik om homself los te sny voordat hy hulp ontbied het.” Ernst  het gesê daar is nog ʼn huis op die kleinhoewe, maar dat die inwoners glad nie gehoor het wat by die kothuis gebeur nie. “Die polisie  wat op die toneel was, het vir ons gesê hy was die tweede slagoffer in Muldersdrift daardie aand wat deur gewapende rowers vasgebind en beroof is. Sover
ek weet het daar nog nie voorheen op daardie spesifieke kleinhoewe so iets gebeur nie, maar Muldersdrift  is  natuurlik  ʼn  gebied  waar daar gereeld aanvalle op plase en kleinhoewes voorkom,” het  Ernst gesê. Kapt.  Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/vlieenier-op-muldersdrift-kleinhoewe-oorval/

#StopWhiteGenocideInSA