(Jwplayer)

June 10, 2016

#ATTACK: Attempted Murder? VIDEO: Innocent Afrikaner woman asked a attorney for help after being shot & wounded from 4 gunshots by police in a chain store, then police deny shooting her

GENOCIDE VICTIMS: 
Johan & Lisa Lottering
#StopWhiteGenocideInSA



Polisiekoeël tref vrou toe kougom-dief weghardloop

’n Vrou van Pretoria-Noord is glo deur ’n polisiekoeël getref wat bedoel was vir ’n dief wat kougom gesteel het.
Lisa Lottering het haar skietwond Donderdag aan Rekord gewys wat sy  Dinsdagaand by ’n kettingwinkel opgedoen het.
Haar man Johan sê: “Sy kon dood gewees het of kon ons kind in haar arms gehad het toe polisie so links en regs begin skiet.”
Lisa sê die koeël het regdeur haar arm getrek en sy sal geruime tyd buite aksie wees.
Sy is in Steve Biko akademiese hospitaal behandel waarna sy huis toe is.
Die jong egpaar is die aand na die kettingwinkel om  inkopies te doen.
“Die winkel was op pad om te sluit en ek het ‘n koeldrank gekoop. Ek het die eerste skoot gehoor toe ek omdraai om die bottel in die inkopiesak te sit,” verduidelik Lisa.
“Ek het opgekyk en die rook gesien waar die skoot vandaan kom het. Voor ek nog kon registreer wat gebeur, hoor ek nog ’n skoot en die bottel val uit my arm op die grond.”
Lisa sê dis eers toe sy na haar arm kyk en die bloed sien dat sy besef het sy is raakgeskiet.
“’n Derde skoot het gevolg en net verby die inkopiesak op die grond getrek. Dis toe ek sien dat die polisie  agter ’n man aan hardloop.”
Johan sê daar is ’n vierde skoot gevuur.
“Ek het dadelik hulp gaan soek.”
Johan sê die egpaar het twee polisiebeamptes op die toneel gekonfronteer.
“Die polisieman wat geskiet het, het aanvanklik alles ontken. Later sê hy toe vir my vrou hy het op die man geskiet omdat dié man glo vrouens in die gebied gemolesteer het.”
Johan sê hy het die naam van die polisieman neergeskryf asook die nommer en registrasie van die polisievoertuig op toneel.
“Die bestuurder van winkel het aan ons gesê dat hy die polisie ontbied het nadat ‘n man R150 se ‘chappies’ gesteel het.”
Die bestuurder van die kettingwinkel was Vrydag nie bereikbaar vir kommentaar nie.
Lisa sê sy vind dit vreemd dat die polisie op iemand skiet wat net kougom gesteel het.
“As ek nie gedraai het nie of die koeldrank bottel vasgehou het nie, het hy my dalk deur die bors geskiet,” sê sy.
“Gelukkig was ons klein babatjie nie saam met ons nie. Die polisieman het duidelik nie net waarskuwingskote afgevuur as hy so hoog geskiet het nie.”
Die egpaar sê hulle het ‘n klag by die Pretoria-Noord se polisiekantoor probeer lê, maar sonder enige sukses.
Hulle sê hulle gaan die saak nie daar laat nie.
“Ons het ’n prokureur gekry. Al wil die Pretoria-Noord polisiekantoor nie ’n saak maak nie, sal ons hierdie geval na die minister van polisie neem,” sê Johan.
“Hiermee sal hy nie wegkom nie.”
http://rekordeast.co.za/96846/77910/

#StopWhiteGenocideInSA