(Jwplayer)

June 10, 2016

#FarmAttack: Hammanskraal: Black attackers smash house windows with bricks to gain access to the residence even after they were shot at by the Afrikaner couple

"It Was Clear They Came to Kill Us..."
GENOCIDE VICTIMS: Jan (73) & Rosemarie (60) van der Bank
#StopWhiteGenocideInSA

’n Egpaar is ongedeerd nadat ’n vrou Donderdagaand ’n inbreker in die oë gekyk het in hul plaashuis noord van Pretoria.


Jan (73) en Rosemarie (60) van der Bank het Donderdagaand televisie in die sitkamer van hul plaashuis naby Hammanskraal gekyk toe sy ’n motordeur hoor toeslaan en die honde begin blaf.

Kort daarna het nog ’n motordeur toegeklap. Dit was omstreeks 22:10.

Jan het sy .22-geweer uit die kluis gaan haal en drie waarskuwingskote alkant van die huis in die lug geskiet.

Rosemarie het die huis se ligte afgeskakel. Sy het na hul slaapkamer gegaan. Toe sy by die kamervenster uitkyk, het sy in die inbreker aan die anderkant van die ruit se oë gekyk. Sy het nog inbrekers uit die hoek van haar oog gewaar.

Een van die inbrekers het die kamervenster met ’n baksteen probeer oopbreek.

“Hulle is by die venster,” het Rosemarie gegil.

“Kom uit daarso,” het Jan geskree.

Sy het uit die slaapkamer gevlug en die buurtwag oor die radio ontbied.

Jan het vier skote deur die slaapkamergordyn op die inbrekers geskiet.

Ná Jan se skote het die inbrekers opnuut probeer inbreek.

Die veiligheidsglas het gekraak en glasstukkies het binne op die grond gelê.

“Ek dink die motief was om te moor,” sê Jan.

“Die skote het hulle glad nie afgeskrik nie,” sê Rosemarie.

Motoralarms het aan die voorkant van die huis afgegaan.

Die inbrekers het die voorste passasiersruit van die Kia Picanto met ’n blompot uitgeslaan en ’n Canon DSLR-kamera uit die paneelkissie gesteel.

Jan het vorentoe beweeg waar van die inbrekers besig was om by die Nissan NP200-bakkie in te breek. Geen motorruite is gebreek nie, maar van Jan se bougereedskap is gesteel.

Hy het op die inbrekers geskiet en hulle het gevlug.

Jan vermoed geen inbrekers is raakgeskiet nie omdat daar nêrens bloed is nie.

Hulle het later ontdek die inbrekers het by nog ’n voertuig ingebreek.

Die egpaar glo nie dit was iemand wat by hulle werk nie.

“Wanneer ’n werker by ons weggaan, is dit op goeie voet. Ons het nooit probleme nie,” sê Jan.

Hulle glo dis ’n wekroep, maar Jan sê ook “what must be, will be”.

“Ek was al in slegte posisies in die boubedryf met betogings, so ek is ’n anderste soort.”

Die Hammanskraal-polisiekantoor ondersoek die voorval.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/vrou-kyk-aanvaller-in-die-oe-20160610

#StopWhiteGenocideInSA