(Jwplayer)

May 26, 2016

#ATTACK: UPDATE: #Grenswag: Black attacker fired several shots at Afrikaner teachers & school children

Yesterday shooting threats by armed black attackers targeted 3 schools across South Africa, according to social media ...
GENOCIDE VICTIM: AFRIKANER Teacher, Laeticia Botha
☆ Netwerk24 also reported: a white male teacher survived being shot at during the armed attack at High school Grenswag !
#StopWhiteGenocideInSA

Laeticia Botha het haar klas by die Hoërskool Grenswag in Rustenburg gisteroggend soos ’n leeuwyfie teen ’n gewapende rower beskerm.


Sy het vreesloos op die rower afgestorm terwyl hy drie van haar leerlinge met ’n rewolwer aangehou het en vir hom geskreeu: “Leave them alone!”

Die rower het die twee meisies en ’n seun toe laat gaan, sy aandag op Botha gevestig en ’n skoot afgevuur.

Terwyl hy deur die skoolgange gevlug het, het hy wild skote afgevuur.

“Ons is nie seker of hy haar probeer skiet of net in die lug geskiet het nie,” het Annemarie Vorster, Afrikaans-onderwyseres aan die skool, gisteraand gesê.

Vorster se klaskamer is reg by die plek op die sportterrein waar die drama omstreeks 09:15 afgespeel het.

Botha was ná die dag se gebeure te uitgeput om self met Beeld te praat, het Vorster gesê.

Volgens haar het die rower oor ’n heining in die skoolterrein gespring. Botha, wat liggaamlike opvoeding gee, was op die sportterrein besig met ’n klas.

Die kinders was in twee groepe van sowat tien elk verdeel.

“Die rower het op een van die groepe afgestorm. Hy het die drie kinders met die rewolwer aangehou en gesê hulle moet hul selfone vir hom gee. Toe die kinders gil, het Laeticia die rower bestorm. Skote het geklap.”

Vorster sê van die meisies in Botha se klas het by haar klas ingestorm. “Hulle was verby bang en het net gesê: ‘Juffrou, sluit die klas.’ ”

Van die ander onderwysers wat die gille en skote gehoor het, het intussen ook hul klasse gesluit om die kinders veilig te hou. Die rower het self geskrik en deur die skoolgange na veiligheid probeer vlug.

“Hy het sy rewolwer op onderwysers gerig soos hulle uit hul klasse gestorm het en wild en wakker skote in die lug geskiet,” sê Vorster.

“Hy het direk op een mans-onderwyser geskiet, maar gelukkig gemis.

“Ons was almal daarop gefokus om die kinders veilig en uit die spervuur te hou.”

Die rower het weer oor ’n heining uit die skoolterrein ontsnap en is steeds soek.

Al die kinders is na die skoolsaal geneem toe dit seker was alles is veilig. Vorster sê van die kinders en onderwysers was erg getraumatiseer.

“Party kinders het gehuil. Hulle het reeds by die skool berading gekry en noodbehandeling vir skok.

“Die polisie was baie gou op die toneel nadat van die kinders tydens die rooftog skoolkantoor toe gehardloop het.”

Die kinders is vir die res van die dag huis toe gestuur, maar skoolbedrywighede sal vandag normaalweg voortgaan.

Vorster sê die skool kry geldelik swaar. “Ons wou lankal die heinings weens veiligheidsredes laat verhoog, maar ons sukkel om borge daarvoor te kry.”
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/onnie-storm-vreesloos-op-rower-af-by-rustenburg-skool-20160527

#StopWhiteGenocideInSA