Kheswa “Suna” Motsamai (39) het vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van verkragting en aanranding en die saak is uitgestel.
Lt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Motsamai is Saterdag in Dundee, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat hy vir meer as ʼn maand op die vlug was. Die polisie het Motsamai sedert 1 April gesoek nadat hy na bewering die meisie en haar sewejarige boetie met ʼn skêr gedreig het. Albei kinders is erg aangerand en vasgebind, waarna die meisie verkrag is. Motsamai het na bewering met vier selfone en ʼn skootrekenaar gevlug. Mohobeleli het ʼn beroep gedoen op werkgewers om seker te maak dat hulle ʼn rekord van mense in hul diens se persoonlike besonderhede het in geval van nood of as ʼn misdaad gepleeg word. “Basiese inligting oor huishulpe en tuiniers kan baie help om misdaadsake op te los,” het hy gesê.
http://news24.com/news24/SouthAfrica/News/free-state-man-in-court-for-assault-rape-of-14-year-old-girl-20160517
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/tuinier-vas-oor-verkragting-van-14-jarige/
#StopWhiteGenocideInSA