(Jwplayer)

April 7, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Afrikaner man of Middelburg area was killed at a farmhouse after he and his wife walked into a trap, set for their elderly parents

Die verdagte wat gewond is en die toneel aangetref is.
Black attacker was found wounded on the scene
 A second suspect, a farm worker, was arrested later
Henning Joubert's body where he collapsed outside at the kitchen door
GENOCIDE VICTIMS: Henning en Marlene Joubert 
Henning Joubert was stabbed to death with a knife during a farm attack on Friday 
#StopWhiteGenocideInSA

Skoonseun loop in lokval in

Henning Joubert (53) het op die toneel beswyk, terwyl boere uit die omgewing probeer het om sy gapende wonde met hul hande toe te druk.

Die voorval het plaasgevind by die plaashuis waarin die bejaarde Kenmuir egpaar bly. Die huis is op die Frischgewaagd grondpad naby Rooikraaldam geleë. Die egpaar het vir ‘n paar dae by hul dogter en skoonseun in Middelburg gekuier en was Vrydag op pad huistoe.

Henning en Marlene Joubert het haar ouers na hul huis vergesel. Terwyl die Kenmuir egpaar in Groblersdal gestop het, het die Joubert egpaar solank vooruit gery.

Mnr. Joubert is oorval, terwyl hy gebuk het om pakkies op die kombuisvloer neer te sit. Hy is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Tydens die gestoeiery het hy uit die kombuis tot op die stoep geloop, waar hy inmekaar gesak het.

Sy vrou, wat nog by die voertuig was, kon daarin slaag om skote af te vuur en een van die aanvallers is in die rug gewond. Die res van die aanvallers het gevlug en hul gewonde maat agter gelos. Die voorval het omstreeks 12:00 gebeur.

Die Kenmuir egpaar se bure, wat skaars 400 meter van hulle af bly, was eerste op die toneel.

“Ons kon nie sien of hulle hom probeer keel af sny en of hulle hom net baie keer in die nek gesteek het nie,” sê een van die bure, wat versoek het om anoniem te bly. Hy het vertel dat mnr. Joubert in die agterkop, aan die kant van sy nek en onder sy ken gapende wonde gehad het.

“Ons het probeer om die wonde toe te druk, maar ons het gesien dat dit nie gaan help nie. Al was daar ‘n dokter op die toneel, twyfel ek of hy hom sou kon red.”

Mnr. Joubert is met ‘n vleismes, vermoedelik uit die huis se kombuis, met soveel geweld gesteek dat die lem afgebreek het.

Sy vrou was te getraumatiseerd om op daardie stadium enige bruikbare inligting aan owerhede te verskaf. Sy is later per ambulans na Groblersdal Hospitaal vervoer, waar sy ‘n paar beddens van haar man se vermeende moordenaar af moes lê.

Talle boere het hul na die toneel gehaas en daar was ook lugsteun deur privaat vliegtuigeienaars. Die veld is gefynkam. Die polisie, boere sowel as verskeie sekuriteitsmaatskappye het kragte saamgespan om te soek na die voortvlugtende verdagtes.

Later die aand het spoorsnyers op ‘n kledingstuk wat in ‘n bos versteek was afgekom. Spore het hulle na ‘n werkershuis daar naby gelei waar ‘n werker gearresteer is, nadat bloed op van sy besittings gekry is. Die items is intussen weggestuur vir forensiese toetse.

“Ons vermoed dat hulle vir die oumense gewag het en dat Henning op die verkeerde plek op die verkeerde tyd was. By die kluis in die huis het daar ‘n bottel sjampanje en ‘n piksteel gestaan, so al asof hulle reggemaak het om die oumense te martel,” sê een van die boere wat op die toneel was.

Die bure sê dat die honde die afgelope paar weke snags onrustig was en dat hulle vermoed dat die huis al lankal dopgehou word.

Die feit dat die honde agter die huis toegemaak was en dat die aanvallers toegang tot die huis verkry het deur een spesifieke venster, waarvan die diefwering nie goed vasgesweis was nie, dui daarop dat daar ‘n informant was met eerstehandse kennis van die huis.

Limpopo polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto, sê dat die verdagte wat Vrydagaand gearresteer is, vandag (Maandag) in die hof in Groblersdal verskyn.
http://mobserver.co.za/46161/boere-probeer-bloed-met-hande-keer/

#StopWhiteGenocideInSA