(Jwplayer)

April 7, 2016

#ATTACK: Afrikaner man, Clive Herbst (51) is grateful to be alive after being attacked in bed & stabbed with a knife four times

GENOCIDE VICTIM: Clive Herbst (51) TWENTY FIVE STITCHES and FOUR KNIFE WOUNDS after he was attacked in bed by a black attacker
#StopWhiteGenoceInSA


Man dankbaar hy leef nadat hy vier keer met mes gesteek is

VYF-EN-TWINTIG steke en vier meswonde later, maar al wat saakmaak is dat hy leef.

Clive Herbst (51) van Weltevredenpark in Roodepoort sidder om te dink wat kon gebeur het as hy wel besluit het om die slaappille vir sy slapeloosheid daardie nag van sy aanval gedrink het.

Tydens ‘n onderhoud by die Mug & Bean-restaurant in die Key West Winkelsentrum het hy aan die Krugersdorp Voice vertel van die nag toe ‘n inbreker hom vier keer met ‘n mes bygedam het.

“Ek het by ‘n vriendin van my in Protearif in Krugersdorp gaan kuier. Haar seun sou daardie aand op hierdie bed geslaap het as ek nie hier was nie,” het hy verduidelik.

“Ek wil nie eers dink wat kon gebeur het nie.”

Herbst het gesê hy het die oggend van 19 Maart om 02:30 wakker geskrik toe hy die eerste messteek deur sy rug voel.

“Die pyn was nie dadelik daar nie, maar ek het ‘n idee gehad van wat gebeur het. Dit was pikdonker en ek het die inbreker toe bo-op my gevoel.”

Die inbreker, het hy vertel, het moontlik na sy nek gemik, maar sy kwinkslae het gekeer dat hy daarin slaag. Hy is toe ook onder die arm en in die been gesteek.

“Maar omdat ek onseker was of daar nog inbrekers in die kamer is, het ek hom gegryp om hom as skild te gebruik indien die ander my ook sou begin steek.”

Toe hy besef daar is niemand anders in die omtrek nie het hy hom weggeskop en besluit ok vir sy lewe en dié van die ander huisinwoners te baklei.

“Ek twyfel of hierdie aanval met roof verbind kan word, want my skootrekenaar en twee selfone was langs my op die bedkassie, daarom dink ek dit moes ‘n inisiasie gewees het.”

Volgens Herbst was daar nog twee inbrekers in die huis wat toe uit die huis met ‘n strykyster, DSTV-dekodeerder en tuingereedskapgevlug het.

“Al wat op daardie oomblik deur my kop gegaan het is dat dit seker hoe plaasmoorde afspeel. Dit was net God se genade dat ek leef en dat niemand ander beseer is nie.”

Bloedvlekke was op die bed sigbaar en Herbst het selfs duiselig en naar gevoel as gevolg van die hoeveelheid bloed wat hy intussen verloor het.

“Die polisie, nooddienste en Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was blitsig op die toneel.”

Herbst het gesê die inbrekers het ‘n deel van die erf se muur verwyder om toegang te verkry voordat die voordeur oopgebreek is.

“Ek wil net hê mense moet meer bedag wees en te alle tye gereed sal wees indien inbrekers ‘n mens sou verras. Ek self gaan nou ‘n vuurwapen aanskaf om my en my familie te beskerm,” het hy gesê.

“‘n Mens moet nie bang wees om terug te baklei nie, want jou kanse op oorlewing is net soveel meer as wat jy niks doen tydens ‘n aanval nie.”

Sy vriendin het intussen vir haar ‘n ander blyplek gekry uit vrees dat die inbrekers sou terugkeer
http://krugersdorpvoice.co.za/man-dankbaar-om-te-leef-na-hy-vier-keer-met-mes-gesteek-is/

#StopWhiteGenocideInSA