(Jwplayer)

April 15, 2016

#ATTACK: Jacaranda FM radio broadcaster, Dianne Broodryk was attacked at home. 2 Blacks kicked the door open, one held a crowbar in his hand...



GENOCIDE VICTIM: Dianne Broodryk was attacked in her home in Centurion on Thursday afternoon. 
Dianne and her husband were attacked by 8 black attackers in the same house 13 years ago...
#StopWhiteGenocideInSA
Dianne Broodryk, omroeper, joernalis en liefdadigheidswerker van Jacaranda FM, is Donderdagmiddag in haar huis in Pretoria oorval  en aangehou. Broodryk,  omroeper en nuusleser van die uitsaaier se ontbytprogram, The Complimentary Breakfast,  het  Vrydag  aan Maroela Media gesê sy was alleen by haar huis in The Reeds, Centurion, toe  sy tussen 15:00 en 15:30 ʼn lawaai by die veiligheidshek by haar voordeur gehoor het. “Ek  was nog op pad om te gaan kyk wat die lawaai is, toe skop twee mans die voordeur oop. Ek kon net  vinnig  sien  een het ʼn koevoet in sy hand gehad,” het Broodryk gesê. Die mans het haar dadelik gevra wie nog in die huis is, waarna hulle haar gedwing het om op ʼn bank te  lê  waar hulle ʼn kombers oor haar gegooi het. Hulle het haar gevra waar haar juwele en skootrekenaar is,  voor  hulle  deur die huis gegaan en dit geplunder het. “Ek  wou in ʼn stadium my foon gryp wat naby my gelê het, toe een van die mans vir my gesê het ‘Don’t  be  stupid’  en  ek het maar besluit om my samewerking te gee.” Broodryk verduidelik  hulle  het die veiligheid  by  hul huis  aansienlik  verskerp  nadat sy en haar man 13 jaar gelede deur agt mans in dieselfde huis oorval en beroof is. “Die twee mans het gesien daar is  veiligheidskameras  en  het  my gevra waar die opnemer is en dit ook gevat.” Sy het gesê ná ʼn paar minute onder die kombers het sy gehoor dinge raak stil in die huis. Sy het besluit  sy  gaan  haar huissleutels  gryp,  na  buite  hardloop  en die paniekknoppie druk. “Hulle was toe reeds  weg. Hulle was in en uit in ʼn kwessie van 10 minute. Hulle het nie ingekom om my seer te maak nie, maar om te roof. Hulle het beslis geweet wat hulle doen. Beamptes van die Wierdabrug
polisie  was  vinnig  daarna  op die toneel en het onder meer genoem dit is die vyfde soortgelyke voorval  gister  [Donderdag]  waarin dieselfde  modus operandi gebruik is. Hulle het ʼn term gebruik wat my sal bybly – ‘House smash and grab’.” Die twee verdagtes het in ʼn ou-model liggroen Toyota Camry, waarin nog ʼn verdagte agter die stuurwiel  gewag het, gevlug. Broodryk se bure het dié voertuig buite die huis opgemerk en die polisie  ontbied,  onwetend  dat sy in die huis aangehou word. Hulle  is  weg met onder meer ʼn iPad, twee Canon-kameras, juwele, twee selfone en Broodryk se skootrekenaar met eksterne hardeskywe en haar handsak. Volgens Broodryk gaan dit goed met haar in die omstandighede en is sy ongedeerd, maar kwaad “vir  myself  omdat ek hulle nie vroeër gehoor het nie, en vir die aanvallers”. Sy het gesê haar persoonlike projekte, foto’s,  radiorekords  en  belangrike  inligting  van  die liefdadigheidsveldtog  wat  sy  bedryf,  Good  Morning Angels, was op die gesteelde skootrekenaar en hardeskywe. Broodryk het gesê sy beplan om Maandagoggend terug te wees op haar pos, mits sy voor dan tyd gekry het om haar identiteitsdokument, bankkaarte en rybewys te vervang. “Ek  is  wel kwaad, maar ook dankbaar. Ek is dankbaar vir almal wat omgee, besorg is en almal se boodskappe. Ek weet ek is nie ʼn uitsondering op die reël nie en dit gebeur met baie mense, maar ek waardeer regtig almal se ondersteuning,” het sy gesê.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/geliefde-omroeper-in-huis-oorval/

#StopWhiteGenocideInSA