(Jwplayer)

March 10, 2016

#MURDER: Elderly man, Paul Swart (86) attacked by black terrorists then kicked & beaten to death

SASOLBURG. - A family is left in mourning after their father and grandfather was murdered in the most barbaric, brutal manner 
 in his home in Jan Smuts Street...
Mnr. Paul Swart (86) wat wreed in sy huis vermoor is.
GENOCIDE VICTIM: Mr. Paul Swart (86) who was brutally murdered in his home.
Mnr. Paul Swart (86) wat wreed in sy huis vermoor is.
#StopWhiteGenocideInSA

Bejaarde man brutaal in sy huis vermoor

SASOLBURG. – ‘n Familie is in rou gedompel nadat hul bejaarde pa en oupa op ‘n uiters brutale, barbaarse wyse in sy huis in Jan Smutsstraat vermoor is.
Mnr. Paul Swart (86) se verminkte lyk is verlede Maandagaand deur sy kleinseun in sy huis gekry. Sy dogter en skoonseun het onraad vermoed toe hulle hom sedert die Saterdagaand nie in die hande kon kry nie. Aangesien hulle nie in die Vaaldriehoek woon nie, het hulle hul seun gevra om te gaan kyk of alles nog wel is met sy oupa. Hy het die Maandagaand op die afgryslike toneel afgekom. Die vermoede bestaan dat mnr. Swart oorval is terwyl hy die Saterdag besig was om gras te sny.
Volgens sy skoonseun, mnr. Pieter du Plessis, het hulle die grassnyer agter in die erf gekry met die gras wat net halfpad gesny was.
“My skoonpa was ‘n gesonde man. Hy het al hierdie werkies alleen gedoen, want hy was nog gesond genoeg om dit te doen,” sê hy. Mnr. Swart se aanvallers het hom oorval en fisies doodgeskop en geslaan. “Sy skedel was gebreek, so ook sy ribbes en oogkaste. Hulle het hom so erg aangerand dat sy niere gebars het. Hy het homself probeer verdedig, want sy vuiste was stukkend,” vertel Pieter. Afgesien daarvan dat hy so erg aangerand is dat hy aan sy wonde beswyk het, het sy moordenaars ook ‘n selfoon, skootrekenaar en kos gesteel. Daar was blykbaar kontant in sy kas en verskeie ander elektroniese toestelle waaraan hulle glad nie geraak het nie.
“My skoonpa was ‘n baie goeie mens. Hy het vir tot en met 30 mense sonder heenkome op ‘n gereelde basis kos gegee.
“Hy het sy huishulp se kinders se skoolfonds betaal en het nooit ‘n honger mens weggewys nie. Na al sy onselfsugtigheid is dit hoe hy moes sterf? Op so ‘n wrede, walglike manier.
“Ons kan nie beskryf hoe seer en kwaad ons hieroor voel nie. Ons is sprakeloos. Ons wil net hê die mense moet hiervan weet en ten alle tye op hul hoede wees, veral die bejaardes.
“Hierdie mense sal nie skroom om jou leed aan te doen nie. So asseblief, wees versigtig en pas julle bejaardes mooi op,” het Pieter gesê.
Die saak word deur die polisie ondersoek.
Mnr. Swart, wat vir meer as 50 jaar in Sasolburg gewoon het, word op Vrydag 11 Maart vanuit die Katolieke Kerk in George Greystraat in die dorp ter ruste gelê. Hy word oorleef deur drie kinders, nege kleinkinders en agt agterkleinkinders.
http://vaalweekblad.com/7267/bejaarde-man-brutaal-in-sy-huis-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA