(Jwplayer)

March 2, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner Scheepers family were attacked, shot & wounded on a smallholding near Rustenburg

Afrikaner Scheepers family were attacked in the early hours of Tuesday, February 23, 2016 by five armed black attackers on their smallholding, Waagfontein, near Rustenburg in the Kroondal area
#StopWhiteGenocideInSA

Rustenburg, North West Koeëls reën by kleinhoewe aanval 25 February 2016   Rustenburg – Die Scheepers gesin op Waagfontein, naby Rustenburg in die Kroondal-omgewing, is in die vroeë oggendure van Dinsdag 23 Februarie 2016 oorval deur vyf gewapende rowers. 


Anders as gewoonlik, het die egpaar, Zach en Bridgette Scheepers (albei 30) vroeg in die bed gaan kruip, omstreeks 21h00. Klein Zané (8) en Johan (7) was tóe ook al lankal in droomwêreld. 
Ongeveer 00h30 het Zach wakker geskrik. Verblind deur ‘n skerp flitslig direk na sy gesig gerig, hoor hy hoe ‘n stem sê “Thula wena!” [‘thula’ isiZulu vertaling: ‘wees stil’, ‘wena’ Setswana vertaling: ‘jy’]
Molly, ‘n twee-jarige langhaar-chihuahua lieflinghond van die Scheepers, is toe vreeslik aant’ blaf en gryp toe die aanvaller aan die broekspyp. 
Die flitslig het toe wegggedraai vanaf Zach se gesig af, nou gerig na Molly. Daardie etlike oomblikke het Zach die kans gegun om op te spring en na sy vuurwapen te gryp, ‘n 9mm pistool uit sy bedkassie. 
Die boosdoener, oorweldig deur die hond se geblaf, vuur toe ‘n skoot af, waarna Zach terstond twee skote afvuur. Na nóg ‘n paar vinnige skote vlug die rower die gang in, struikel vorentoe en tuimel by die trappe af.
Die Scheepers se huis is ‘n dubbelverdieping houthuis. 
Sonder skroom strompel Zach vorentoe en nael na sy agtjarige dogtertjie se kamer – ook op die eerste verdieping. Met Zané veilig in haar ma se arms, kom Zach tóe eers agter sy vrou is in die bobeen geskiet. 
Die koeël het haar getref in die regter bobeen en is uit by my regterboud.
Met Bridgette op die foon besig om alarm te maak, vlieg Zach na sy sewejarige seun se kamer toe – wat wakker geword het van die lawaai en grootoog in die gang staan. 
Deurentyd het die rower van die grondvloer af geweerskote afgevuur – en die héle huis is van hout gemaak, selfs die vloere. Klein Johan vra nog, “Wat ruik só, pappa?” toe Zack hom gryp en na die hoofslaapkamer nael. 
“Terwyl my vrou en kinders in ‘n bondeltjie mekaar vashou in die slaapkamer, is ek by die kamerdeur met my vuurwapen, reg om te skiet as daar enige iemand by die trappe opkom,” aldus Zach. 
“Wat voel soos ‘n ewigheid, eintlik skamele sekondes later, het vier rowers van buite af skote begin afvuur. En dít met die een nog onderin ons huis,” vertel Zach. “‘n Vlaag koeëls het op ons neergereën.”

Die elektriese heining se alarm het ook toe afgegaan. Twee van die koeëls wat deur die huis se houtmure getrek het, het Zané net-net gemis. “Die Here was met ons,” het Zach gesê. Die volgende more het Zach op ‘n paar hopies koeëldoppies op strategiese geposisioneerde punte om die huis afgekom. Sommige skote was selfs in die grond ingevuur asof die rowers amok geniet, maar die huis het baie koeël gate.
“Ek gaan af op my knieë en dank die Here dat ek en my gesin veilig is. Dit kon sóveel erger gewees het.”
Drie minute na Bridgette se noodkrete, het familie en sekuriteitsmanne by hul hekke opgedaag en die neerlaag van skote aangehoor. Toe die skote bedaar kom hul toe dadelik nader om hulp te verleen. 
Die polisie en nood personeel het sowat 10 na 15 minute geneem om op die kleinhoewe aan te kom. 
Twee buite honde is vergiftig, maar díe is gelukkig nog lewend. Dit blyk of die aanvallers die honde wors gevoer het, met gif in. Die honde het erg gebraak.
“Hierdie kan met enigeen gebeur. Met jóú ook. Ons moet álmal méér gereed wees vir die skimme in die nag,” sê Zach in ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant. 
Zach besit en bestuur ‘n besigheid in die stad, en het ‘n paar skape op sy kleinhoewe, waar hy en sy gesin al sowat ‘n jaar woon. 
“Ons weet nie hoe laat die skelms hier was nie.” Volgens Zach het die aanvallers die elektriese heiningdrade gelig, onderdeur gekruip, die buiteligte se gloeilampe uitgeskroef, die raam van ’n venster en die glas uitgehaal, diefwering gebreek, die skuifdeure oopgemaak en uiteindelik die veiligheidshek tussen die voorhuis en die onderste deel van die huis oopgebreek.
“Die sleutels van hul voertuie, ’n stel huissleutels, ’n skootrekenaar, ’n handsak, selfone en selfoonlaaiers is geroof,” aldus Sersant Ofentse Mokgadi, Rustenburg polisiewoordvoerder. ‘n Saak van huisroof word ondersoek. Daar is op hierdie stadium nie 'n saak van poging tot moord oopgemaak nie. 

Kolonel Sabata Mokgwabone doen ‘n beroep om enigeen wat kan inligting bied oor die kleinhoewe aanval, om vir Konstabel Michael Ntsimane by 014 590 4258 of 082 772 9869 te kontak. 
http://www.platinumweekly.co.za/articleB0017.html

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA