(Jwplayer)

March 2, 2016

#FarmAttack: UPDATE: 56 year-old Farmer survives attack by 8 black armed attackers on his farm Roerfontein near Koster

** Veiligheid Vergadering: KOSTER
Donderdagaand, 3 Maart 2016, om 18h00 by die Koster Hoërskoolsaal. 
Vir meer inligting, kontak die Koster Polisie Stasie by: 014-543 8600 of 082-374 9857.
Vir meer inligting, kontak die Koster GPF by: 060-369 3215.
#StopWhiteGenocideInSA

Koster – Helder oordag Maandagmiddag, 29 Februarie 2016 omstreeks 14h00, het agt vermeende misdadigers toegeslaan op die plaas Roerfontein buite Koster.
Die eienaar van die plaas, ‘n bekende skaapboer van die kontrei, was besig om sy middagete te nuttig in sy studeerkamer, toe hy ‘n klop aan die venster hoor.
Toe hy uitgaan na die manne, skynbaar daar om skape aan te koop, verduidelik die boer dat hy nie meer skape oorhet om te verkoop nie. Díe redekawel toe met die boer, waarna een van die agt mans toe ‘n geweer uitruk.
Volgens Kaptein Joanie Young van die Koster Polisie, het die agt mans die boer omsingel en in sy huis inforseer. “Hulle het hom en sy bediende, ook doenig in die huis, vasgebind met cable ties en nylon toue.”
Die aanvallers het twee handwapens (vuurwapens) en selfone gesteel, en gevlug met die boer se blou-grys Toyota Camry.
Nadat die boer en sy bediende hulself losgewikkel het, is hulle inderhaas weg na bure om hulp te ontbied.
“Ons het die nood oproep net voor drie uur gekry,” beaam Kaptein Young, “en oppad na die plaas op die Swartruggens pad, kom ons toe af op die verlate Camry.”
Die 56-jarige boer is getraumatiseerd, maar dankbaar dat sy vrou en kinders nie teenwoordig was tydens die aanval nie. Sy vrou werk op die dorp, en die kinders was by die skool tydens die aanval.
“Indien u enige inligting rakende die plaasaanval het wat kan help om die boewe agter tralies te kry, skakel ons asseblief,” aldus Kaptein Young. “Vir enige noodgevalle en dies meer, kan u ons, die Koster Polisie, skakel by 014-543 8600 of by 082-374 9857.”
“U kan ook in noodgevalle, 24uur-7dae ‘n week, kontak maak met ons,” beaam Rika van Staden van die Koster GPF (Gemeenskap Polisiëring Forum) groep. Kontak die GPF Koster groep by 060-369 3215.

Platinum Weekly Newspaper
https://facebook.com/365252713584338/photos/a.365318613577748.1073741828.365252713584338/854806611295610/?type=3&fs=0

#StopWhiteGenocideInSA