(Jwplayer)

March 6, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner man shot in the third attack in two hours at De Wildt

Carel van der Merwe, De Wildt, North West, is full of monitors in the Montana hospital in Pretoria ICU after black attackers shot him Friday in the back


#StopWhiteGenocideInSA


opvolg- Man geskiet in derde aanval in 2 ure by De Wildt

Die rower met die wit “Scream”-masker soos in die rillerfliek, het sy vuurwapen teen Carel van der Merwe se voorkop gedruk.

Amper tussen die oë.

Hy en sy makker het reeds Van der Merwe (47) se selfoon gehad, maar die vuurwapen het nie geskuif nie.

“Ek het net so ’n gevoel gehad hy gaan my skiet. Iewers het ek gedink as hy my in die kop skiet, is dit verby. As hy my in die lyf tref, het ek nog ’n kans”.

Toe sit Van der Merwe sy hele lyf agter daardie klap waarmee hy die aanvaller se arm tref.

“Ek het die koeël verby my oor hoor trek toe die skoot afgaan,” het hy Sondag vanuit sy hospitaalbed vertel.

Dit was eers nadat die aanvallers met sy “slap chips” en beursie weg is, dat hy besef het hy het seer.

’n Koeël is net regs van sy rugwerwel onder sy nek in.

Wonderbaarlik het dit sy ruggraat en hart gemis, die een long se onderste punt beskadig en in Van der Merwe se sy gestop.

Sy familie vermoed daar was óf ’n derde aanvaller buite sy gesigveld, óf die tweede rower het hom geskiet toe hy klap en sy lyf gedraai was.

“Die dokters hou my in ICU om die long se bloeding dop te hou. Hulle is bang dit val plat. Hulle gaan die koeël inlos. Daar waar hy sit, is dit veiliger as om dit te probeer uithaal,” het hy gesê.

Die aanval op hom was die derde een in ’n kwessie van ure in die De Wildt-area in Noordwes.

Voordat hy op sy broer, Ben, se stoep ineengesak het, was dié en sy vrou, Elanie, reeds bewus van twee ander aanvalle.

“Ons het ’n noodradio-netwerk, Choose Life Radio Network, in die omgewing,” het Elanie gesê.

Om omstreeks 23:30 Donderdagaand het ’n noodroep gekom. Gewapende mans probeer by Oom Chris Els en sy vrou, albei in hul 70’s, se huis inkom.

“Dis so 2 km van ons af. Oom Chris-hulle het televisie gekyk toe hy sien hoe ’n vuurwapen deur die venster op hom gerig word.

“Die oom het vir die aanvallers gesê om nie te skiet nie, hy sal die deur oopmaak,” het Elanie vertel.

Hy het egter net tyd gekoop sodat sy vrou kon wegkruip en die buurman bel. Els het agter die yskas weggekruip.

Die buurman het intussen waarskuwingskote geskiet, wat vermoedelik die rowers laat vlug het.

Omstreeks 02:00 Vrydagoggend het minstens twee gewapende mans die deur van die plaaswerker Patrick Ncube en sy vrou se huisie oopgeskop.

Die skurke het hulle huis deursoek, maar Ncube kon sy foon weggesteek kry en die plaaseienaar bel toe die rowers weg is.

“Teen daardie tyd was almal se honde op hol.

“Toe sê my dogter sy hoor Carel se stem van die pad se kant af, asof hy met iemand baklei. Daarna het ’n skoot geklap,” het Elanie gesê.

Hulle het vir Van der Merwe hoor roep: “Ben, help! Ek dink ek is geskiet”.

Elanie en Ben het hom op hul stoep gekry, met “verskriklik baie bloed”.

Die polisie en nooddiens was blitsig op die toneel en Van der Merwe is na die Montana-hospitaal in Pretoria gebring.

Hy onthou dat hy omstreeks 02:00 Vrydagoggend van ’n geselligheid teruggestap het na sy hoewe, 800 m daarvandaan.

“Ek het slap chips in ’n wegneemhouer gehad. Ek het ’n selfoonboodskap van my suster gekry wat sê die honde blaf erg. Sy wou weet of ek tuis is.

“Ek het teruggetik, send gedruk en opgekyk. Die twee het voor my gestaan. Elkeen gemasker en gewapen,” het Van der Merwe gesê.

Met die vuurwapen teen sy kop het hy sy foon vir hulle gegee.

Toe die vuurwapen nie skuif nie, het hy dit weggeklap.

“Ek het die skoot hoor afgaan en nog gedink, dankie tog dis mis. Ons al drie het nog gestaan, toe gee toe maar die boks chips vir hulle.

“Hulle het ook my beursie gevat, al het ek gewys daar is net R10 in”.

Nadat die rowers weg is, het Van der Merwe na Ben begin loop.

“Ek het gevoel my linkerheup is nie lekker nie en besef my rug is vol bloed. Toe begin die pyn. Ek weet ek het tot by my broer se grasperk gevorder,” het hy gesê.

Hy het vermoedelik van daar tot by die stoep gesukkel, waar Elanie en Ben hom gekry het.

Familielid vroeër ook beroof
Die broers Carel en Ben van der Merwe se pa is Hannes van der Merwe se neef Hannes (77) en sy vrou, Annetjie (74), wat ook op ’n plaas in De Wildt woon, is in Januarie 2015 deur drie mans aangeval en beroof. Hannes is onder meer met ’n strykyster gebrand.
Die Van der Merwe-familie het reeds in die 1800’s ’n reuse-familieplaas in die gebied gehad wat oor die jare onderverdeel is of waarvan dele verkoop is.
’n Maand ná die aanval op Hannes en Annetjie is drie verdagtes aangekeer.
Twee van hulle het verlede maand uit ’n vangwa op pad na die Brits-landdroshof ontsnap. Een is gevang waar hy destyds Hannes se geroofde wapens versteek en weer gaan opgrawe het.
Die ander verdagte is nog soek. - Hanti Otto (Netwerk24)
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/man-geskiet-in-derde-aanval-in-2-ure-by-de-wildt-20160306

ALSO READ:
■ #FarmAttack X3: Three families attacked, man critically injured by armed black attackers in De Wildt 

#StopWhiteGenocideInSA