(Jwplayer)

March 6, 2016

#ATTACK: UPDATE: Afrikaner teenage boy survives shooting attack at home in Boskruin

During the armed attack at home, three shots were fired at his parents, and the third bullet hit his brother after he struck one of the suspects with a bat.
The police version of the incident differs from that of the brother...
Police said he was forcefully put into a room with his mom by the . His father attempted to gain entry into the room but instead the son was shot in the stomach attempting to help his dad. 
Police also said only jewelry and electronic equipment was stolen, while Van Zyl says a car, a gun and other valuables were stolen.

Tienerseun oorleef aanval in Boskruin

'N 18-jarige seun van Boskruin, Johannesburg, is Vrydagaand ten tyde van 'n huisrooftog in die maag geskiet.
Terwyl die seun in 'n hospitaal besig is om te herstel, het die plaaslike polisiewoordvoerder egter aan die media gesê die kind is dood en 'n moordsaak is geopen.
Tiaan van Zyl, die seun se ouer broer, het aan die Randburg Sun gesê sy broer is in 'n stabiele toestand in die waakeenheid.
Volgens Van Zyl het drie gewapende mans Vrydagaand ná 23:00 by hul huis ingebreek en drie skote in sy ouers se rigting geskiet.
"Die derde skoot het my broer in die maag getref nadat hy een van die swart aanvallers met 'n kolf geslaan het."
Adj.off. Balan Muthan, polisiewoordvoerder van Douglasdale, het ná die voorval gesê die seun is tydens 'n operasie in die Olivedale-hospitaal dood en 'n saak van roof en moord is by die polisiekantoor in Honeydew geopen.
Die beampte se weergawe van die voorval verskil ook van dié van die broer.
Muthan het gesê die aanvallers het die seun en sy ma in 'n kamer aangehou, terwyl die pa van buite probeer inkom het. "Die seun het sy pa probeer help toe hy in die maag geskiet is."
Muthan het gesê net juwele en elektroniese toerusting is gesteel, terwyl Van Zyl sê 'n motor, 'n vuurwapen en ander waardevolle artikels is gesteel.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het later verklaar dat die seun nog leef en dat die polisie ernstig op soek is na die aanvallers.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/tienerseun-oorleef-aanval-in-boskruin-20160306

ALSO READ:
■ #ATTACK: UPDATE: Gauteng Police confirm shooting teenage boy is still alive after brutal home invasion in Randpark Ridge

#StopWhiteGenocideInSA