GENOCIDE VICTIM: Johanna Scholtz |
Vrou van 62 stoei met inbrekers in haar huis
Drie jong aanvallers het hulle nogal misreken toe hulle ‘n
62-jarige vrou van Lyttelton Dinsdag wou beroof.
Johanna Scholtz het met die aanvallers handgemeen geraak en minstens een van hulle laat gil van die pyn.
Scholtz sê die drie voor 10:00 oor die buitemuur van haar erf gespring.
“Ek was besig in die tuin toe ’n man in ’n ouer-model donkerblou BMW voor my erf stilhou en vra vir aanwysings na Welkomstraat. Hy het gesê het was op soek na iemand met die van Schoeman,” vertel sy.
“Ek het toe onmiddellik snuf in die neus gekry en vir hom gesê dat daar geen so persoon hier woon nie. Ek het die huis binnegegaan en gekyk hoe hy wegry.”
Toe Scholz weer tuin toe is, het drie mans oor haar muur gespring en nadergehardloop.
“Een van die jong outjies was yslik lank en maer en het verskriklike bak ore gehad,” sê sy.
“Hulle het my die huis ingestamp en begin rondstoot. Ek het gemerk dat nie een van hulle enige wapens het nie, en het besluit hierdie is my huis. Dis toe dat ek terugbaklei.”
’n Stoeigeveg het tussen Scholtz en die drie boewe uitgebreek. Tafels is rondgegooi en loodglas waarmee Scholtz werk, het deur die lug getrek.
In die proses is Scholtz se mond aan die binnekant gekneus.
“Dis toe ek hulle sommer in die gesig spoeg met die bloed,” sê sy.
“Ek het een aan sy privaatdele gegryp en met al my krag gedruk. Hy het verskriklik geskree.”
Hy het haar vinger agtertoe gebuig en beseer.
Alhoewel met al haar krag baklei het, het hulle haar uiteindelik teen die grond vasgepen.
Een van die diewe het Scholtz se ringe van haar vinger af gebyt.
Die ander twee gryp toe haar televisiestel, haar seun Willem se skootrekenaar, haar iPhone, ’n spesiale bottel brandewyn van R1500 en haar juwele.
Die drie het in die blou BMW gespring en weggejaag.
Sy sê Lytcom buurtwag en Monitor Net was binne minute op toneel om haar te help.
Willem sê hy is dankbaar vir die Lyttelton polisie se vinnige optrede en ondersoek.
Scholtz se veglus is nog lank nie geblus nie.
“Alhoewel my vinger opgeswel is en een van my ribbes gekraak het, voel ek steeds dat ek nie verloor het nie. Ek het my houe ingekry en my besittings is verseker,” sê sy.
“Mens kan nie meer net terugsit nie. As die outjies ’n wapen gehad het was dit dalk ’n ander storie.”
http://rekordcenturion.co.za/78417/vrou-dam-drie-boewe-by/
#StopWhiteGenocideInSA