(Jwplayer)

February 3, 2016

#LandGrabsInSA: ANC's new expropriation bill will destroy South Africa!


Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke se aanvaarding  van die nuwe onteieningswet, het fel kritiek uitgelok.

“Vandag, presies  26 jaar ná die vrylating van Nelson Mandela, staar landsburgers  die  grootste  enkele  bedreiging  vir  hul mense- en ekonomiese regte in die gesig.” 

Dít was die reaksie  van  Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake. “Indien die onteieningswet deur die  parlement goedgekeur word, sal AfriSake die grondwetlikheid van die wet toets.”

Volgens Jansen van Rensburg gaan dié wet rampspoedige gevolge vir die land se ekonomie inhou: “Dit vernietig  die  belangrikste  beginsel  van  ’n  demokratiese  staat,  naamlik  eiendomsreg. Beleggingsrisiko  gaan aansienlik  verhoog  namate eienomsregsekerheid vernietig word; die rand sal verder tuimel en Suid-Afrika se kredietgradering  sal  spoedig  rommelstatus  behaal.” Jansen van Rensburg het gesê benewens die feit dat alle vorme van eiendom nou deur die staat vir nasionalisering  geteiken  kan  word,  beoog die wet ook om onteieningsmag na plaaslike regerings af te wentel. “Sou die staat hierdie  mag oor landsburgers se eiendom bekom, sal menseregte volgende in die regering se visier  wees.”

 Solidariteit  het  die  aanvaarding  van  die  omstrede Wetsontwerp op Onteiening as een stap nader aan rommelstatus van die Suid-Afrikaanse ekonomie beskryf.
Volgens Johan Kruger, adjunk-bestuurshoof van Solidariteit,  sal  die  aanvaarding  van  die genoemde wetgewing deur die parlement dalk ANC-kiesers op die korttermyn tevrede stel, maar sal dit op die langtermyn daartoe bydra dat die ekonomie aan flarde geskeur word. “Die onlangse Nene-debakel het reeds ongekende skade aan die ekonomie aangerig.

Die ANC sal nou moet besluit of hy die reeds kreupel ekonomie nog verder deur hierdie vernietigende wetgewing wil lamlê,” het Kruger gesê. “Die  onus rus op pres. Jacob Zuma om die grondwetlikheid van enige wetgewing vas te stel voordat hy dit onderteken.  Ons meen daar hang verskeie vraagtekens oor die Wetsontwerp op Onteiening en dat dit pres. Zuma se plig is om verdere ondersoek na die grondwetlikheid van die genoemde wetgewing te doen,” volgens Kruger. Deel van: SA-nuus
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/anc-se-onteieningswet-sal-suid-afrika-vernietig/

#StopWhiteGenocideInSA