(Jwplayer)

February 27, 2016

#FarmAttack: Johnny Fagan (51), owner of Trade Now and his colleague Frikkie van Rooyen (61) were attacked, tied up, kicked & robbed by three armed black male attackers on a smallholding in Pretoria

The attackers stolen the wages of 80 workers!

Johnny Fagan



#StopWhiteGenocideInSA
3 rowers vat 80 werkers se lone op hoewe

Rowers het gisteroggend 80 werkers se lone by 'n onderneming in Pretoria geroof.
Johnny Fagan (51), eienaar van die sapvervaardiger Trade Now, en sy kollega Frikkie van Rooyen (61) is deur drie gewapende rowers in Sinoville vasgebind en beroof.
Die rowers, elkeen met 'n pistool gewapen, het omstreeks 06:45 toegeslaan op die hoewe waarop die sakeperseel is.
Die aanvallers het hulle beveel om op die grond te lê en het hul hande en voete met plastiekkabels vasgebind. Een van die aanvallers het Van Rooyen tussen sy bene geskop.
Die rowers het die personeel se lone wat gister uitbetaal sou word, gevat.
Fagan wou nie die presiese bedrag bekend maak nie, maar sê: "Dit was heelwat."
Terwyl die rowers die kantoor deurgesoek het, het Fagan sy hand losgekry en die aanvallers probeer flous deur die hek se afstandbeheer te druk voordat hy sy hand terug in die plastiekkabels gedruk het.
"Ek is seker iemand is op pad. Julle kan sien die hek is besig om oop te gaan, so julle beter loop, "het Fagan vir die aanvallers gesê.
Die rowers het hulle egter nie daaraan gesteur nie.
Op pad uit het hulle Fagan se Mercedes-Benz gevat en wou daarmee uitry. Fagan het toe op sy afstandbeheer gedruk en die heining het begin toemaak voordat die rowers kon uitry.
Hulle het die motor voor die hek gelos en ontsnap deur die gleuf van die heining wat besig was om toe te maak.
Fagan het die onderneming al sedert 1997 en dis die derde keer dat hy self die slagoffer van misdaad is.
"Wees so aangenaam as moontlik met jou aanvallers en behou 'n humorsin," was sy raad aan enigiemand wat beroof word.
'N Selfoon, paspoort en horlosie is ook geroof.
Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê 'n klag van sakeroof word ondersoek.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/3-rowers-vat-80-werkers-se-lone-op-hoewe-20160227
#StopWhiteGenocideInSA