(Jwplayer)

February 27, 2016

#FarmAttack: Hennops River Valley: Couple survived shooting attack by 2 black attackers who stolen NOTHING!

The gate was kicked open by the black attackers before they fired five shots at Darryn Unger and his wife, Louiza 
#StopWhiteGenocideInSA


Egpaar aangeval in Hennopsriviervallei.(23/02/16)

Die afstandbeheerder in ­Darryn Unger se hand het uitmekaargespat toe ’n koeël dit tref en drie van sy vingers gebreek het. Nog ’n skoot het sy gewrig skrams getref.

Twee koeëls het digby sy vrou, Louiza (47), in die rusbank vasgeslaan.

Die vreemdste ding was dat hul twee aanvallers niks geëis het nie, sê Darryn (39).

Die Ungers huur die afgelope vier maande ’n hoewe in die Hennopsriviervallei tussen Pretoria en die Hartbeespoortdam.

Eergisteraand omstreeks 20:00 het hulle TV gekyk toe hul eenjarige pitboel, Monster, opspring en begin blaf.

Darryn het toe self opgespring.

’n Man het die stoepdeure oopgeskop en met ’n .38 Special-rewolwer op die egpaar losgebrand. Darryn het met hom geworstel en Monster het die tweede aanvaller, wat met ’n 9 mm-pistool gewapen was, op die stoep beetgekry.

Die aanvaller met die .38 het vyf skote geskiet, drie na ­Darryn en twee na Louiza, en saam met sy makker op die vlug geslaan.

“As hulle my geld of iets gevra het, sou ek gesê het ‘vat my kleingeld’. ’n Lewe kan nie vervang word nie.”

Niks is geroof nie.

Die aanvallers het op drie plekke gate in verskillende heinings gesny wat die huis beskerm.

Darryn oorweeg dit nou om ’n vuurwapen aan te skaf.

“Ek wil een kry om myself te beskerm. Wat maak dit my? Dit maak my gelyk aan hulle.

“Ek dink nie vuurwapens is die antwoord nie, maar jy kort hulle.”

Darryn is agnosties, maar glo “daar was iets anderster hier wat ’n groter deel van ons is”.

“Hoe mis jy iemand se kop op so ’n kort afstand? C’mon.”

Louiza is getraumatiseerd en wil die huis nou nie sien nie, sê hy.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/koeel-tref-sy-hand-mis-vrou-net-20160224

#StopWhiteGenocideInSA