(Jwplayer)

January 2, 2016

#MURDER: Percy Hohne (58) found dead at home in Doorn, Welkom, he was suffocated while sleeping on a couch


Man versmoor tydens middagslapie
Welkom. – Die polisie ondersoek ’n moord nadat ’n inwoner van Doorn, Welkom, na bewering versmoor is terwyl hy op sy rusbank in sy huis gelê en slaap het.
Percy Hohne (58), wat vir die Matjhabeng-munisipaliteit gewerk het, het na bewering Dinsdagmiddag laat sy tuin natgelei en glo op die bank gaan lê.
Hy is na bewering op die bank versmoor terwyl hy gelê en slaap het.
Dit is die tweede aanval in die woonbuurt in sowat twee weke nadat ’n bejaarde man vroeër vandeesmaand in sy huis in Georgestraat deur ’n rower oorval en herhaaldelik met ’n tuinvurkie gesteek is.
Konst. Kethabile Mofokeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 23:00 ’n oproep oor die jongste voorval gekry nadat Hohne se dogter op sy lyk afgekom het.
Roy van Deemter, voorsitter van die Doorn-Noord-buurtwag, sê Hohne het vermoedelik nie die deur gesluit nie en op die rusbank aan die slaap geraak.
Hy is na bewering deur twee mans, wat met messe gewapen was, met ’n kussing versmoor.
Mofokeng sê Hohne se vrou en dogter was ten tyde van die voorval in die huis, maar het glo nie gehoor of gesien wat gebeur het nie. Hulle is ook nie beseer nie.
Volgens haar is vier selfone, ’n skootrekenaar, tablet-rekenaar en trouring gebuit. Volksblad verneem die geheueboks van die kringtelevisiekameras is ook gesteel.
“Die ondersoek duur voort en in dié stadium is die motief vir die moord onbekend.
“Daar was geen tekens van gedwonge ingang by die huis nie.
“Dit is nog onbekend hoe die oorledene dood is, omdat hy geen sigbare beserings aan sy lyf gehad het nie,” sê Mofo-keng.
Die booswigte het glo Hohne se dogter, wat onlangs haar skoolopleiding voltooi het, gedwing om hulle met haar motor na Thabong te neem.
“Ons voel sleg oor wat gebeur het en almal in die woonbuurt is geskok. So ’n voorval raak die hele woonbuurt,” sê Van Deemter.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
WelkomCity Stad: Die Berig kom vanaf die Volksblad wat deur Journalis André Damons geskryf is, van Bloemfontein https://facebook.com/story.php?story_fbid=1288992021127340&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA