(Jwplayer)

January 18, 2016

#ATTACK: Young man now living in France watch helplessly via Skype how his parents were attacked by blacks in Melville , Johannesburg

#StopWhiteGenocideInSA


ʼn Jong man in Frankryk moes via Skype toekyk hoe sy ouers in hul huis in Melville, Johannesburg, deur gewapende rowers oorval word.

ʼn Jong man in Frankryk moes via Skype toekyk hoe sy ouers in hul huis  in  Melville,  Johannesburg,  deur  gewapende rowers oorval word. Tessa Reddy het aan Maroela Media vertel van die vreesaanjaende  ervaring  toe sy Maandagaand, op haar 61ste verjaardag,  besig  was  om met haar seun Niall op Skype te gesels toe  sy haar man op die boonste verdieping hoor skree het. 466 “Ons het net teruggekom nadat ons die aand uit was om my verjaardag te vier en was half versigtig toe  ons die huis binnegekom het aangesien die alarm vroeër die aand afgegaan het,” het sy gesê. “My man, Govin, is op na die slaapkamer en ek het op die bank in die woonkamer gaan sit en op my iPad  via  Skype met Niall gesels. Omtrent twee minute in die gesprek in, het ek Govin hoor skree op só  manier dat ek net geweet het iemand is in die huis.” Sy het aan Niall gesê daar is iets fout en opgespring. Die volgende oomblik het een van die rowers ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk terwyl die tweede een vir Govin by die trappe afgedwing en op die  grond laat lê het. “Ek  het langs Govin op die grond gesit met die iPad wat naby my gelê het. Niall het teen daardie tyd  die video-funksie  afgeskakel,  maar  ek kon hom steeds deur die luidspreker hoor asemhaal en vinnig  op  sy sleutelbord  hoor tik,”  het  Tessa gesê.

Terwyl die rowers die Reddy-egpaar met vuurwapens aangehou en hulle gedwing het om te sê waar die waardevolle items in die huis gevind kan word, het Niall dadelik ʼn boodskap deur Facebook Messenger aan sy broer, Micah, wat in Parktown woon, gestuur. Hy het ook ʼn boodskap aan ʼn vriendin in Kaapstad gestuur en ʼn algemene boodskap aan al hulle vriende en familie op Facebook dat sy ouers beroof word en dat iemand die Brixton-polisiestasie moet bel. “Niall  het  my later  vertel  dat  sy hart byna gaan staan het toe hy sien wat gebeur en hy het net geweet hy moet op ʼn manier hulp kry,” het Tessa gesê. “Ek het heeltyd probeer om kalm te bly en met die rowers te praat om hulle kalm te hou. In ʼn stadium het ek om een of ander bisarre rede vir hulle  gesê  dit  is  my verjaardag en die rower het net geantwoord, ‘Ja wel, hierdie is Suid-Afrika’.” Volgens Tessa het die rowers hulle nie hardhandig behandel nie, maar het hulle wel gedreig om Govin te skiet sou hulle nie hulle samewerking gee nie. “Ek weet nie hoekom nie, maar ek het net so  gevoel in my gekry dat hulle nog nie lank doen wat hulle doen nie. Hulle was jonk, in hulle 20’s. Maar hulle was duidelik voorbereid op wat hulle daar kom doen het.” Binne minute het die ligte van die veiligheidsmaatskappy se motor oor die huis geflits en die rowers het op die vlug geslaan. Tessa het gehoor hoe iemand aan ʼn buitedeur ruk en het opgestaan om te gaan oopsluit. Daar het sy haar vasgeloop teen Micah en sy vriend, polisiebeamptes en wagte van die veiligheidsmaatskappy. Teen daardie tyd het die rowers reeds met onder meer kontant, selfone en skootrekenaars oor die palissadeheining  die  Melville-koppies  in  gevlug,  dieselfde  manier  waarop  hulle  ingekom  het. “Ons het dadelik vir Niall laat  weet dat ons veilig is en dat die hele traumatiese voorval verby was. Die gedoente was binne 15 minute verby, maar dit het baie langer gevoel,” het Tessa gesê. “Ons vervloek  so baie keer tegnologie wat ons lewens dikwels negatief beïnvloed, maar in hierdie geval het  tegnologie  regtig  ons  lewens gered.”
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/seun-sien-op-skype-hoe-ouers-beroof-word/

#StopWhiteGenocideInSA