(Jwplayer)

January 18, 2016

#ATTACK: Survived: Afrikaner mother & daughter attacked by 2 black attackers twice on one day & held at gunpoint at home

Charné Erasmus wat die slagoffer van 'n gewapende rooftog was.
Charné Erasmus wat die slagoffer van 'n gewapende rooftog was.
#StopWhiteGenocideInSA

Ek sien nog sy gesig voor my’

Ek kyk die heeltyd oor my skouer as ek iewers gaan. Ek sien nog sy gesig voor my.”
So vertel die 19-jarige Charné Erasmus wat Sondag met ’n vuurwapen teen haar kop gedreig is toe ’n verdagte haar van haar selfoon by Kareelaan woonstelle in Reitzstraat beroof het.

Charné was omstreeks 01:00 besig om ‘n fliek in haar kamer te kyk. Haar ma was aan die slaap in die ander kamer. Na ’n lang dag se trek wou dié tweedejaarstudent net bietjie ontspan.
“Ek het ’n geluid gehoor en gedink dit is dalk my ma wat opgestaan het,” vertel sy. Haar ma was egter steeds in die bed.
Sy het daarna twee mans gesien wat deur die venster van haar woonstel klim.
“Die een was reeds binne en die ander was nog besig om in te klim.”
Sy het op hulle geskree terwyl sy na haar ma gehardloop het. Gelukkig het die verdagtes gevlug sonder om enige iets te steel of iemand te beseer. Mooirivier Beskerming het gereageer nadat hulle die oproep gekry het, maar kon nie die verdagtes opspoor nie.
Dit was egter nie die einde van Charnè en haar ma se beproewing nie. Teen omstreeks 03:00 het Charné en haar ma buite gesit en koffie drink omdat nie een van hulle kon slaap nie.
“My ma het iets naby die karre, wat naaste aan die hek geparkeer was, gesien beweeg. Toe sy nader loop, het twee swart mans aangeloop gekom. Een van hulle het ’n vuurwapen in sy hand gehad wat hy oorgehaal het soos wat hy nader stap,” vertel Charné. Gevries van skok, het sy op die stoep gesit tot sy die koue staal teen haar voorkop gevoel het.

“Ek onthou dit nog alles, dit speel gereeld in my kop af. Hy het baie aggressief begin skree toe hy nader gestap het, maar ons het so hard geskree dat ons nie gehoor het wat hy sê nie. Ek sal nooit daardie gesig vergeet nie, die koue gevoel van die vuurwapen teen my kop,” vertel sy. Die man het haar begin rondruk terwyl hy die vuurwapen teen haar kop gedruk het. Haar ma het intussen tot by haar gekom en haar gegryp om haar in die woonstel in te sleep. Op daardie oomblik het die man Charnè se selfoon gegryp en gevlug.
“Ons het die wag wat aan diens was by die kompleks gaan soek, maar kon haar nêrens kry nie,” vertel Charné. Haar vriende het Mooirivier Beskerming gebel wat baie vinnig saam met die polisie gereageer het. Die erg geskokte Charné sê sy is nou te bang om iewers heen te loop. Tot tyd en wyl bly sy maar in ’n gastehuis totdat hulle ’n ander woonstel kan kry.
Ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens haar is daar nog niemand aangekeer nie en word die saak ondersoek.
Dustin Wetdewich Journalist

http://potchefstroomherald.co.za/8223/ek-sien-nog-sy-gesig-voor-my/

#StopWhiteGenocideInSA