(Jwplayer)

January 18, 2016

#ATTACK: UPDATE: Seriously Injured: Afrikaner cyclists attacked with a brick


#StopWhiteGenocideInSA

Onnie op fiets 'met baksteen geslaan vir selfoon'
Deur George Germishuys 18 Januarie 2016
’n Laerskoolonderwyser van Durbanville wat met ’n baksteen geslaan en beroof is, was “gelukkig” dat ’n ambulans met nóg ’n rooftogslagoffer toevallig op hom afgekom het.
“Gelukkig het daar ’n ambulans verbygery met nog ’n beseerde fietsryer in,” het die onderwyser se seun, Wihan Swart, aan Netwerk24 gesê oor sy onderwyser-pa, Pieter, wat van sy fiets afgegooi en met die baksteen aangerand is.
Pieter, ’n tegnologie-onderwyser aan die Laerskool Durbanville, het weens die voorval bloeding op die brein opgedoen en word in die hoësorgeenheid van die Durbanville Medi-Clinic behandel. Net sy selfoon is gesteel.
Pieter het Sondagoggend oudergewoonte op sy gewone fietsroete vertrek, het Wihan aan Netwerk24 gesê.
Pieter is egter ’n kort rukkie ná hy weggetrek het deur ’n ongeïdentifiseerde man tussen Durbanville en Fisantekraal ingewag.
“ ’n Ou het langs die pad gewag en ’n stok tussen die speke van my pa se voorwiel ingedruk,” het Wihan gesê.
Volgens Wihan dui die data wat op die fiets se spoedmeter gestoor is daarop dat sy pa ten tyde van die voorval teen 40 km/h gery het.
“Nadat my pa van sy fiets geval het, het die man my pa met ’n baksteen aangerand. Hy is in die gesig geslaan, en net sy selfoon is gesteel.”
Swart se regtersleutelbeen is ook op verskeie plekke gebreek.
’n Motor wat verby gery het, het gesien hoe die rooftog plaasvind en het dadelik gestop. Die rower het in die veld ingehardloop.
“Gelukkig het daar toevallig ’n ambulans, wat van ’n ander toneel af gekom het waar nog ’n fietsryer aangerand is, verbygery en my pa opgelaai,” het Wihan gesê.
Hoewel sy familie bekommerd is oor sy toestand, is die dokters positief oor sy vooruitsigte, het Wihan gesê.
“In hierdie stadium lyk dit of daar dalk ernstige harsingskudding kan wees. Die dokters is heel positief, maar ons sal eers finaal weet wanneer daar ’n opvolg-MRI-skandering gedoen word.”
Wihan, wat ook ’n kranige fietsryer is, meen die pad waar sy pa aangeval is, was nog altyd veilig, maar daar was onlangs ’n toename in dié soort aanvalle.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het die rooftog bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
“Die polisie kan bevestig dat ons ’n saak van roof ondersoek. Die ondersoek duur voort,” het Van Wyk gesê.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1299829366710272&id=116298045063416&fs=0

ALSO READ:
■ 1st victim cycling, beaten with a stick and brick, he is in ICU, broken ribs, collar bone and possible brain damage
■2nd victim was attacked just before 1pm today, he "just" had stones thrown at him and managed to escape

#StopWhiteGenocideInSA