(Jwplayer)

January 13, 2016

#ATTACK: Woman suffered horrific injuries after being brutally attacked by 3 black attackers in Parys

Esmeralda Muir (27)  was pulled out of the car window, choked & dragged with computer cable, hit with a stone in the face & almost got raped!

"...they came with the intention to rape me, there was a laptop, camera and R120 in the vehicle, nothing was taken " 

#StopWhiteGenocideInSA

ʼn Skraal ma van twee seuns van Parys in die Vrystaat kon Woensdag haar oudste seun se eerste skooldag beleef nadat drie mans haar glo die naweek aangeval en een van hulle haar wou verkrag het.

Parys-ma weer 3 aanvallers af
ʼn Skraal ma van twee seuns van Parys in die Vrystaat kon Woensdag haar oudste seun se eerste skooldag beleef nadat drie mans haar glo die naweek aangeval en een van hulle haar wou verkrag  het. Esmeralda Muir (27), ʼn administratiewe beampte, is kort, skraal en weeg sowat 52 kg. Sy het selfverdedigingslesse by haar pa, ʼn voormalige  polisiebeampte,  ontvang  toe sy jonger was. Min het die  drie aanvallers  geweet dat sy verbete om haar lewe sou veg toe hulle  haar Saterdag omstreeks 19:00 in die Rivierpad geteiken en oorval het. 

“Ek  was besig om rustig huis toe te ry nadat ek ʼn sleutel by my werkplek gaan afgee het. Ek was so 80 m van die huis af en het sowat 50 km/h gery toe ʼn man skielik en doelbewus teen my motor vasgehardloop het,”  het Muir Woensdag aan Maroela Media gesê. 

Muir het gesê haar deur was gesluit, maar die venster was oop aangesien sy ʼn sigaret gerook het. “Ek  weet dis nie goed om met ʼn oop venster te ry nie, maar ek was naby die huis en die motor het beweeg. Ek het glad nie verwag dat só iets sou gebeur nie.” Muir het geskrik en haar motor het tot stilstand geruk. Een van die aanvallers het haar glo deur die oop venster  uit  die  motor geruk en haar sowat 10 m ver die bosse langs die pad ingesleep, terwyl die ander twee aanvallers by haar motor gewaak het.

 “Die aanvaller het my op die grond vasgepen, met ʼn klip in die gesig geslaan en my klere en onderklere met ʼn matmes van my lyf afgesny. Dit het vir my gelyk of hy goed geoefen was. Hy het op sy knieë oor my kom staan en het begin om sy broek los te maak. Toe hy opstaan om die broek oor sy knieë te  trek,  het  ek besef nou is al kans wat ek het.”

Muir het gesê die adrenalien en lesse wat sy by haar pa gekry het, het oorgeneem en sy het die vermeende verkragter vier keer met mening geskop, “daar waar dit saak maak”. Die man het agteroor gesteier en geval. Muir het na die pad gehardloop, waar die ander twee aanvallers  op  haar afgestorm het. “Een van hulle het ʼn rooi rekenaarkabel wat in my motor was gegryp en my daarmee gewurg. Hy het  my aan die kabel op die teerpad tot by my motor se agterdeur gesleep, waar hy en die ander een my in die motor wou inboender.” Muir het gesê sy het in dié stadium albei haar duime in die man wat haar gewurg het se oë gedruk. Sy het terselfdertyd  die  man agter haar se gesig met haar agterkop geslaan tot albei hul greep laat gaan het. “Die  oomblik toe ek gevoel het ek is los, het ek die kar se sleutels gegryp, na my huis begin hardloop  en gegil.” Muir se man, Louiz, het haar hulpkrete gehoor en na haar gehardloop. Sy het voor haar man haar bewussyn verloor. 

Louiz kon sien hoe drie figure van die motor af weghardloop. Muir is na die hospitaal  gehaas.  Die  polisie  is  ontbied  en  was spoedig op die toneel. In  die  hospitaal  is  sy  behandel vir  verskeie  ligte  snywonde aan haar maag, arms en bobene wat deur die matmes veroorsaak is. Haar wangbeen is gekraak en sy het harsingskudding opgedoen. Die kabel het die vel om haar nek oopgesny en sy het erge sleepmerke op haar bene opgedoen toe sy  op die teerpad gesleep is. Sy is reeds uit die hospitaal ontslaan. 

Muir het gesê dit was donker en sy kon glad nie enige kenmerkende eienskappe van haar aanvallers  uitken  nie,  buiten  dat  hulle  tussen  20  en 23 jaar oud moes wees en dat die voorval sowat 15 minute lank geduur het. 

Ek vermoed hulle het gekom met die doel om my te verkrag, want daar was ʼn skootrekenaar, kamera en R120 in die asbakkie in my motor en hulle het niks gevat  nie.  
Ek is  net spyt dat ek niks konkrete inligting het om aan die polisie te verskaf om hulle by te  staan in hul ondersoek nie.” Sy en Louiz is vol lof vir die polisie  en  die hospitaal wat haar behandel het. “My raad aan alle vroue is om vir selfverdedigingslesse te gaan. Moet nie net gaan lê nie as so iets met jou gebeur nie. Veg terug en maak hulle spyt dat hulle jou geteiken het. Dalk kan jy uit so ʼn situasie  uitstap,”  het  sy  gesê. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/parys-ma-weer-3-aanvallers-af/

#StopWhiteGenocideInSA