(Jwplayer)

January 13, 2016

#ATTACK: Mom fights off four black attackers to save her child

Die venster by die passasierskant is stukkend geslaan.
Die venster by die passasierskant is stukkend geslaan

Ma vat vier rowers aan toe hulle haar kind uit motor wil pluk
Adriana Hadden (36) was gereed om teen die vier aanvallers te veg toe hulle gepoog het om haar dogter, Kayla Hadden (18), uit die motor te trek.
Adriana het vertel dat sy Vrydagaand saam met Kayla en nog twee vriendinne uitgegaan het.
”Ons het na middernag een van die vriendinne (sy wil nie haar naam gepubliseer hê nie) in Sherwood Gardens gaan aflaai en het daarna in Voortrekkerweg na ons huis in Brakpan-sentraal gery.
“Die strate was maar stil en ek het agter gekom dat daar ‘n voertuig was, wat ons agtervolg het,” het Adriana vertel.
“Ek het op ‘n plek afgedraai en toe ek sien dat die kar agter my ook draai het ek besef dat ons in die moeilikheid kan wees.”
Adriana het besluit om na vriende se huis in Kitzingerlaan te ry.
“Ek het op daardie stadium gedink dis die beste opsie. Ek weet hulle is paraat en as ek die toeter sou blaas sou hulle waarskynlik hoor,” het sy gesê.
Die oomblik toe Adriana egter in die oprit stilgehou het, het die verdagte voertuig agter haar stilgehou en vier mans het uitgespring.
Al vier die mans was gewapen en een het dadelik die venster by Adriana probeer stukkend slaan.
“Hy kon dit nie regkry nie en een van sy makkers het hom kom help. Toe altwee met hul wapens teen die venster slaan het dit gebreek,” het sy vertel.”
“Een van die mans het dadelik sy vuurwapen teen my keel gedruk.”
Zelmarie Bronkhorst (20), wat langs Adriana gesit het, se selfoon is gegryp en so ook Adriana se handsak.
“Alles het bitter vinnig gebeur, maar toe ek hoor hoe Kayla, wat agter gesit het, skreeu, het ek buite myself geraak,” het Adriana gesê.
“Die aanvallers het probeer om haar uit die motor te trek, maar ek het my veiligheidsgordel losgemaak en uitgeklim. Ek sou enigiets doen om te verhoed dat daardie mans my kind vat.”
Op dié stadium het Adriana se vriende wakker geword, ligte aangesit en ook die motorhuisdeur oopgemaak.
Dit het die aanvallers waarskynlik laat skrik. Hulle het in hul voertuig, ‘n silwer Mazda, gespring en weggejaag.
“Ek en die kinders lei nog steeds aan skok; dit was angswekkend en vreesaanjaend. ‘n Mens voel so magteloos,” het Adriana gesê.
Die SAPD is ontbied en die voorval word ondersoek.
http://brakpanherald.co.za/114238/rowers-agtervolg-en-roof-vroue/

#StopWhiteGenocideInSA