(Jwplayer)

January 6, 2016

#ATTACK: Shocking moment: gang of 3 blacks attack Afrikaner man, Piet Lourens with concrete blocks at home in Lewisham

Piet Lourens het nie kans gesien vir inbrekers nie en het besluit om homslef te verdedig. Hier staan hy presier waar hy op hulle geskiet het.

Piet Lourens het nie kans gesien vir aanvallers nie en het besluit om homslef te verdedig. Hier staan hy presier waar hy op hulle geskiet het.

Wat maak jy as drie aanvallers jou met klippe begin gooi in jou eie huis? ‘n Plaaslike inwoner het besluit om sy handgeweer uit te haal.

Piet Lourens van Lewisham het op 21 Desember om 1.45vm, wakker geskrik toe sy klein hondjie tekere gaan. Piet, wat vanjaar 65-jaar-oud word, het drie mans in sy erf betrap soos hulle probeer inbreek het.

“Hulle het my by die deur sien uitkom en stil gebly. Toe ek weer in die huis gaan maak my honde nog erger geraas. Dis toe ek hulle sien,” vertel Piet.

Piet het, soos hy na hulle gekyk het, gekoes vir ‘n stuk betonblok wat na sy kant toe gegooi is.

“Hulle was vreeslik arrogant en het duidelik glad nie vir my geskrik nie,” sê hy.

Die pensioenaris, wat al ‘n ruk alleen bly na hy geskei is, het besluit om sy handgeweer te gaan haal.

“Ek het ‘n paar waarskuwingskote afgelewer, maar selfs daarvoor het hulle nie geskrik nie.”

Piet het so vinnig as moontlik die polisie probeer bel, maar die nommer in die telefoonboek het net aanhou lui. 

Hy het vir Muldersdrift se polisiestatsie gebel wie toe polisielede van Krugersdorp polisiestatsie uitgestuur het. Sektor 9 lede van die Gemeenskapspolisieëringsforum het ook by Piet se huis aangekom.

“Toe die aanvallers sien hulle kom nie by my reg nie, het hulle weggehardloop,” sê Piet.

Die aanvallers het Piet se agtererf betonmuur stuk-vir-stuk uitmekaar gehaal en as wapens gebruik. Die drie mans is nie vasgetrek nie.

“Die een polisieman het gesê dit is goed dat ek myslef verdedig het,” sê Piet.

Die aanvallers het niks gesteel nie, maar Piet glo hulle was opsoek na iets meer spesifiek.

“‘n Week voor hierdie insident was daar reeds ‘n inbraak by my huis gewees. Die karavaan was oopgebreek en al die elektriese toesteldrade is gesteel. Ek glo vas dit was dieselfde drie wat weer teruggekom het.”

Piet sê hy slaap vreeslik swaar en wag eintlik vir die volgende inbrekers om hom te kom aanval. Hy is ook nie seker of hy homself met sy handgeweer mag beskerm nie.

“Ek wil niemand doodskiet nie, maar wat maak jy nou as hy in jou huis inkom?” http://krugersdorpnews.co.za/284804/inbrekers-koes-waarskuwingskote-deur-bejaarde-slagoffer/?platform=hootsuite#.Voz04h6Zo9w.facebook

#StopWhiteGenocideInSA