(Jwplayer)

December 23, 2015

#ATTACK: Couple attacked at home in Brakpan North. The man was shot in the stomach, the wife was hiding in bedroom


Swart aanvallers breek by huis in en skiet eienaar in die maag

Volgens inligting van die Brakpan SAPD het die man, wat in Mc Kenziestraat woon, wakker geword toe die sekuriteitsalarm geaktiveer is.

Die man het opgestaan om ondersoek te gaan instel. Hy het hom, in die gang, teen die aanvallers vasgeloop en is toe in die maag geskiet.

Die aanvallers het hierna na die slaapkamer gegaan, waar die man se vrou weggekruip het.

Die aanvallers het ‘n televisie, juwele, selfone en kontant bymekaar gemaak en daarna uit die huis gevlug.

Volgens die polisie het die aanvallers toegang tot die huis verkry deur die diefwering voor ‘n venster van ‘n woonvertrek oop te forseer.

Die beseeerde man is na die Netare Union Hospitaal in Alberton vervoer.

Die swart aanvallers was, volgens inligting, baie agressief en het Engels gepraat.

Beide is in hul vroeë twintigs.

Enigiemand met inligting word versoek om die Brakpan SAPD by 011 744-4940 te kontak. http://brakpanherald.co.za/113552/rowers-breek-by-huis-in-en-skiet-eienaar-in-die-maag/

#StopWhiteGenocideInSA