#BringBackTheWhitePeople: ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA
#StopWhiteGenocideInSA
Ouers verslae na ‘Cheeky Angeliquekie’ se skielike dood
#BringBackTheWhitePeople: ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA
#StopWhiteGenocideInSA
Ons moes besluit wanneer ons die masjiene wou afsit. Ons het gesê ons wou nie hê sy moes alleen deur dit gaan nie. Ons wou daar wees. Vandag tref ons begrafnisreëlings na ‘n blindedermoperasie
MBOMBELA – ‘n Ouerpaar van Witrivier se 10-jarige dogtertjie is Sondag op hulle 15e huweliksherdenking dood – ná ‘n oënskynlik eenvoudige operasie om haar blindederm te verwyder.
Angelique Pretorius – Cheeky Angeliquekie soos haar ouers haar genoem het – sou volgende jaar gr.5 by Laeveld Akademie aanpak en haar geskenke lê reeds toegedraai onder die kersboom.
Die skole het verlede week vir die langverwagte somervakansie gesluit en mnr. Tommie Pretorius, sy vrou, Elmarie, Angelique en ouboet Gordon (13) was die afgelope naweek Johannesburg toe.
Hulle was Sondagmiddag terug op hulle plaas op Plaston en Angelique het saam met Gordon en ‘n nefie geswem en sorgeloos gespeel. Teen 16:00 het sy begin kla van maagpyn en begin opgegooi. Elmarie is die aand 23:00 met haar na Mediclinic Nelspruit en hulle het sowat 45 minute vir ‘n dokter gewag. Sy is pynmedikasie gegee en gestuur vir ‘n skandering omdat daar vermoed is dat haar blindederm ontsteek was.
Lees ook: Steval Puma met ernstige siekte toon verbetering
Angelique is 03:30 in ‘n saal opgeneem en om 12:00 teater toe. “Hulle het glo ‘n steentjie in haar blindederm gesien en dit (die blindederm) tydens ‘n operasie van sowat 90 minute verwyder,” het Tommie vertel.
Angelique het bygekom, maar weer opgegooi en gekla van erge pyn. “Hulle het vir ons gesê dit kan wees van die narkose. Sy is elke vyf uur ‘n pynmiddel met ‘n drup toegedien en het ook elke drie ure druppels mondelings ontvang,” het Elmarie gesê.
Die dokter het vroeg Maandagaand vir Angelique tydens sy saalrondtes gesien. Haar toestand het egter deur die aand en vroeg Dinsdag versleg. “Haar maag het vreeslik geswel en was kliphard. Haar lyf het pers geword, haar gesig spierwit en haar mond blou.” Tommie het gesê dat hulle deurlopend die verpleegpersoneel gesoebat het om die dokter te ontbied. “Die pynmedikasie het duidelik nie gewerk nie. Hulle het gesê dat hulle ‘n boodskap by sy sekretaresse gelos het. Dit was nie goed genoeg nie,” het Tommie hartseer gesê.
Lees ook: Uiters raar siekte kry haar nie onder nie
Angelique se koors was só hoog dat sy al begin hallusineer het. “Sy het gesê dat sy drake sien en gepraat van ‘as sy trou’. Die dokter was die volgende oggend 11:00 weer daar. Hy het Angelique op haar sy gedraai en sy vinger in haar anus gedruk om ‘n oënskynlike verstopping oop te maak.
“My kind het dadelik in skok gegaan en is na die intensiewe sorgeenheid geskuif. Ons kon haar eers vier uur later sien,” het Tommie gesê. “Dit was verskriklik. Sy het ‘n pyp in haar long gehad om vog te dreineer, nog ‘n pyp deur haar neus en een deur haar mond om mee asem te haal.”
Die dokter het hulle meegedeel dat hulle Angelique weer moes “oopmaak” en dat daar ‘n 50% kans was dat sy die operasie “nie sou maak nie”. Daar is toé ontdek dat Angelique ‘n vergroeisel op haar een eierstok gehad het wat na die dunderm versprei het en dit is verwyder. “Die dokter het genoem dat hy ‘n rooi stuk gesien het toe hy haar blindederm tydens die eerste operasie verwyder het, maar hy het gedink dat dit infeksie was wat met die gebruik van antibiotika sou opklaar.”
Lees ook: Seuntjie laat hom nie deur siekte onderkry
Angelique se toestand het egter bly verswak. Sy is Woensdag vir die derde keer na die teater en het ‘n operasie van sowat twee en ‘n half uur ondergaan. “‘n Stuk van haar dunderm het doodgegaan en is verwyder,” het Tommie gesê.
Angelique het geringe verbetering getoon. “Teen Donderdag het hulle haar verdowing verminder, maar sy het nie wakker geword nie. Haar pupille het reaksie getoon, maar die een kant van haar liggaam se reaksie op prikkels was baie swak en hulle het vermoed dat sy bloeding op die brein het.”
Sy is weer vir ‘n skandering en abdominale sonar gestuur. Elmarie het vertel dat sy twee ure later self geloop het om die uitslae te gaan haal. “Hulle het toé eers die verslag gedruk en vir die dokter gegee.” Daar is gevind dat Angelique drukking op die brein gehad het.
Die aanvanklike dokter het intussen op verlof gegaan en is deur ‘n ander een vervang. Nog ‘n spesialis het Angelique behandel en haar ouers meegedeel dat haar lewer, hart en niere begin ingee het. “Ons het egter bly hoop dat die swelling op die brein sou sak en sy sou wakker word,” het Tommie gesê.
Hulle is Sondagoggend vroeg na die hospitaal. “Die dokter het gesê ‘dinge lyk nie goed nie en hy kry geen reaksie nie’. Ons het twee ander dokters se menings gekry.” Angelique was breindood. “Ons moes besluit wanneer ons die masjiene wou afsit. Ons het gesê ons wou nie hê sy moes alleen deur dit gaan nie. Ons wou daar wees. Vandag tref ons begrafnisreëlings na ‘n blindedermoperasie,” het Tommie verslae gesê.
Lees ook: Engela Barnard-opvolg: boetie ook jare gelede in ongeluk dood
“Ons is uitgehuil,” het die Pretorius-egpaar gesê. “Hoekom is Angelique nie beter gemonitor en daar nie vroeër opgetree nie? Niks sal ons kind terugbring nie, maar dalk verhoed dit dat ander ouers dieselfde hartseer ervaar.”
Hulle het egter teen ‘n nadoodse ondersoek besluit “omdat haar lyfie reeds opgesny is en sy deur genoeg is”.
Hulle het Sondag by die huis gekom en Angelique se kamerdeur toegetrek. Hulle huishulp wat reeds 15 jaar vir hulle werk, het gisteroggend haar bed met haar gunsteling pienk beddegoed oorgetrek en in trane uitgebars. Angelique het in ballet uitgeblink. “Sy was ‘n lieflike kind. So vol lewe. ‘n Sterretjie vir almal.”
Gordon en sy sussie was besonder na aan mekaar. Hy het elke oggend by die skool haar tassie uitgehaal en smiddae weer in die motor gelaai. “Daar hang ‘n familieportret bo die TV. Dis die ergste om in dit vas te kyk,” onthou Tommie.
Lees ook: Ma moet vierde keer langs kind se oop graf staan
Angelique laat ook haar grootouers, Boet en Marie Brits, Ben en Sus Pretorius en Leila Coetzee, agter. Haar roudiens is more om 11:00 vanuit die Volle Evangeliese kerk in Witrivier. Sy sou reeds laat gister of vandag (Dinsdag) veras word.
Laevelder het navrae oor die aangeleentheid na Mediclinic Nelspruit gestuur. http://lowvelder.co.za/307373/ouers-verslae-na-cheeky-angeliquekie-se-skielike-dood/
#BringBackTheWhitePeople: ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA
#StopWhiteGenocideInSA