(Jwplayer)

December 15, 2015

#ATTACK: Family attacked by 2 black attackers at home. The daughter was shot in the back, the mother shot & killed one black attacker


Pta-vrou skiet ‘rower’ tydens huisbraak dood

ʼn Vrou van Pretoria is in die hospitaal en ʼn swart aanvaller dood ná ʼn huisbraak in die Wilgers in die ooste van die stad. 

Kapt.  Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin was omstreeks 21:00 Sondagaand besig om aandete te eet toe die honde begin blaf het. “Die vrou se  dogter het gaan kyk wat aangaan en is deur twee gewapende aanvallers oorval,” het Brits gesê. Die aanvallers het die dogter terug in die huis ingedwing en die gesin beveel om op die vloer te lê, terwyl  hulle  hul  hande begin vasmaak het. “Die dogter kon daarin slaag om ongesiens weg te glip en haar ma se vuurwapen te gaan haal en vir haar te gee. 

Die ma het op een van die aanvallers geskiet en hy het neergeval. Die ander aanvaller het teruggeskiet en die dogter is in haar rug gewond.” 

Volgens Brits  is  die  gewonde rower op die toneel dood, terwyl sy makker met leë hande op die vlug  geslaan  het.  

“Die  dogter is tans in ʼn stabiele toestand in die hospitaal,”  het  sy  gesê. ʼn Vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is op die toneel gevind. ʼn Saak van huisbraak en poging tot moord word ondersoek. Brits het versoek dat die gesin se name nie nou bekendgemaak word nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/pta-vrou-skiet-rower-tydens-huisbraak-dood/

#StopWhiteGenocideInSA