Swart Moordenaars spog met moord
Dié slagoffers bly in dieselfde huis waarin Koos Kruger geskiet is voordat die verdagtes met vier van sy vuurwapens en kontant gevlug het
ROSEHAUGH – ‘n Man, sy broer en skoonsuster is Saterdag omstreeks 20:30 deur drie gewapende mans aangeval, wat hulle daarop roem dat hulle vir die dood van mnr. Koos Kruger in Maart vanjaar verantwoordelik was.
Dié slagoffers, wat anoniem wil bly omdat die moordenaars nog op vrye voet is, bly boonop in dieselfde huis waarin Kruger geskiet is voordat die verdagtes met vier van sy vuurwapens en kontant gevlug het. Kruger het enkele dae later in Mediclinic Nelspruit aan sy wonde beswyk.
“Die een het gespog dat hy vir Koos geskiet het. Hy het hom by die naam geken,” het die man gesê.
Die verdagtes het Saterdag, net soos in Kruger se geval, die eiendom betree deur die heining te knip. Die man het gesien hoe iemand voor sy kamervenster verbyloop. Hy het aanvanklik vermoed dat dit sy broer is wat ten tye van die voorval by hom gekuier en in die kothuis langsaan tuisgegaan het. Hy het uitgegaan om hom te waarsku dat dit gevaarlik is toe iemand skielik ‘n vuurwapen teen sy kop druk.
Hy is toe in die kothuis by sy broer en skoonsuster geboender. Hulle het reeds vasgebind gelê en saam is die drie hier aangehou. Die broer en skoonsuster is later deur ‘n nabye plantasie na die moordenaars se wegkomvoertuig gedwing om geld in Sabie te gaan trek. Hulle het egter gesê dat daar niks in hulle rekening was nie.
Een van die verdagtes het intussen die man teruggeneem na die hoofhuis om meer items te buit. Die broer en skoonsuster is net so vasgebind in die plantasie gelos. Die skoonsuster is onlangs geopereer en hulle kon mekaar nie help om los te kom nie.
Die verdagtes is fort met selfone, beursies, juwele, bankkaarte en ander waardevolle goedere.
Die man kon hom later loswikkel en hulp ontbied. Sabie se polisie is deur die slagoffers se familie ontbied, maar beamptes het glo die foon in hul ore neergesit.
‘n Familielid het later self na die stasie gegaan en met haar selfoon ‘n gesprek tussen haar en ‘n beampte in die aanklagkantoor opgeneem.
Sy het hom gevra hoekom hulle die foon in hul ore neergesit het en paniekerig verduidelik dat familie van haar aangeval is. Die beampte was nie gretig om haar te help nie en het haar dreigemente om hom te verkla, verwelkom.
Mbombela se beamptes is later na die toneel. Sabie se polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie. http://lowvelder.co.za/307510/sabie-aanval/
WATCH VIDEO:
#StopWhiteGenocideInSA