(Jwplayer)

November 5, 2015

#MURDER: UPDATE: VIDEO: Black killer pulled Afrikaner man out of the car and in cold blood shot him SEVEN times

De Beer believes Bote's attackers deliberately shot him in both legs so that he had to suffer before he died 

Sandra Botha.
Sandra Botha.




Familie in rou na man se wrede moord

n Familie noord van Pretoria worstel om vrede te maak met die onlangse koelbloedige skietdood van hul staatmaker.

Trane blink in Sandra Botha (60) se oë wanneer sy die laaste middag voor Steve Botes (64) se moord herroep.

Haar seun, Dennis de Beer, begin eerste praat en vertel van die man wat vir die afgelope vier jaar vir sy ma gesorg en in haar behoeftes voorsien het.

“Ons het nou die aand nog hier gesit en gelag en gesels… nou is hy net weg,” sê De Beer en praat oor die leemte wat Botes agterlaat.

Botes is sowat ’n week gelede sewe keer in sy motor geskiet vir R150 000 in kontant wat hy by hom gehad het. Hy was ’n handelsverskaffer vir ’n sigaretmaatskappy.

Hy het geen kinders van sy eie gehad nie, maar wel ses stiefkinders uit sy vorige huwelik en nog drie stiefseuns by Botha.

De Beer sê: “Al het ons hom net in die rukkie geken, was hy steeds soos ’n pa vir my en my broers.”

Hy onthou die aand van Botes se moord en sê dat dit steeds by hom spook nadat hy die bloed op die toneel gesien het.

“Ek kan nie die beeld uit my kop uit kry nie… my ma wat haar kop vasgegryp het en gehuil het: ‘Nee, nee, hy is nie dood nie!’ Die bloed op die toneel wat hul later met sand toegegooi het…”

De Beer glo Botes se aanvallers het doelbewus in die bene geskiet sodat hy moes ly voordat hy dood is.

Botha verwerk die seer en kwaad oor Botes se dood moeilik.

Sy glo dat hy lank al ’n teiken was en dat die rowers net gewag het vir die gegewe oomblik om toe te slaan.

Botha sê Botes het soms 16 uur ’n dag gewerk om sigarette of kontant van een plek na die ander te vervoer in sy eie motor.

Sy verkwalik sy werkgewer omdat transaksies nie elektronies gedoen is nie en haar lewensmaat die aand van sy dood soveel in kontant by hom gehad het.

“Hulle was met die geld op pad om dit by ’n punt af te lewer toe hy voorgekeer en geskiet is. Botes het nie bestuur nie,” sê Botha.

’n Werknemer van Botes was dié aand saam met hom om die geld af te lewer.

“Hy het vorige kere werknemers saamgevat as hy ver moes ry. Hulle het soms in skofte bestuur en beurte gemaak om te rus.”

Botha sê dat Botes egter nie heeltemal gemaklik was met dié nuwe werknemer nie.

“Hy het selfs al vir my gesê dat hy die man nie vertrou nie.”

Die aand van Botes se moord is hy talle kere geskiet, maar sy werknemer is ongedeerd gelaat.

Verdagte mans in ’n BMW het glo voor Botes se motor ingery en skielik stilgehou. ’n Tweede voertuig het die pad agter hulle versper.

Een of meer van die verdagte rowers het Botes uit die kar uitgeruk waarna hy geskiet is.

“My verstand sê vir my dat die rowers eers die bestuurder sou wou skiet. Hulle moes seker geweet het dat Steve ’n vuurwapen by hom hou,” sê Botha.

“Dit maak net nog steeds nie sin dat hy alleen geskiet is nie, terwyl mens sou verwag dat die bloeddorstige rowers alle ooggetuies sou doodmaak.”

Die verdagte rowers het net die kontant gevat.

Polisie het later beslag gelê op Botes se vuurwapen en selfoon, sowel as die werknemer se selfoon wat as bewyse kan gebruik word in die ondersoek.

Botes is verlede Dinsdag tot ruste gelê in die Heatherdale begraafplaas, naby die huis wat hy met Botha gedeel het.

“Ek het niks meer nadat ek hom verloor het nie. Finansieel gaan dit sleg met ons en dit voel asof ek net nie meer krag het vir hierdie lewe nie,” vertel Botha.

http://rekordnorth.co.za/57495/familie-in-rou-na-man-se-wrede-moord/

ALSO READ:
■ #Murder: Update: Four black killers wanted for the murder of Steve Botes who was shot 7 times in his vehicle
Steve Botes. Foto: verskaf.

#StopWhiteGenocideInSA