(Jwplayer)

November 6, 2015

#FarmMurder : UPDATE: Black killer in court for Rensia DeWet's rape and murder

Dr. Rensia de Wet.


Rensia de Wet moordsaak dié maand weer in die hof


Dr. Rensia de Wet.
MBOMBELA – Frans Mokoena, veroordeelde verkragter wat vir die moord en verkragting van veearts, dr. Rensia de Wet aangekla word, het Woensdag vlugtig in die Nelspruitse Streekshof verskyn.

De Wet se liggaam is op 9 Desember 2014 in haar huurhuis op die Nottinghill-landgoed buite Witrivier gevind, waar dit geblyk het dat sy verkrag en vermoor is. Laevelder het vroeër berig dat daar steekwonde oor haar hele lyf was. Vingerafdrukke is glo in bloed op die moordtoneel gevind.

Polisieondersoeke het tot Mokoena se arrestasie op 13 Desember gelei. Lede het op hom toegeslaan toe hy uit ‘n minibustaxi in Mbombela geklim het. De Wet se klere was glo in sy besit.Hy is in Januarie vanjaar vir die De Wet-huisbraak, -verkragting en -moord asook vir die roof en verkragting van ‘n vrou in Matsafeni aangekla. Mokoena is intussen met talle ander gewelddadige voorvalle in die provinsie verbind.

Senior staatsadvokaat me. Isabet Erwee het tydens ‘n vroeëre hofverskyning van die beskuldigde op rekord geplaas dat hy op parool vrygelaat was toe die voorval by De Wet se woning plaasgevind het. Mokoena se parool in terme van ‘n vroeëre verkragtingvonnis is teruggetrek en die Witrivier Landdroshof het beveel dat hy nog ongeveer drie jaar agter tralies moet deurbring.

De Wet se pa, mnr. Sarel Burger, het uit Durban laat weet dat dit al beter gaan met hom. “Dit is maar moeilik om die dood van ‘n kind te verwerk. Niks sal haar terugbring nie, maar ek en my vrou wil tóg die saak verby kry. Ons wil darem weet wat met die man gaan gebeur,” het hy gister aan Laevelder gesê. “Alhoewel ‘n mens moet besef dat jou kind nie meer hier is nie, vergeet ‘n mens nooit nie,” het Burger bygevoeg.

Hy sal weer op 13 November in die hof verskyn. http://lowvelder.co.za/300640/rensia-de-wet-moordsaak-die-maand-weer-in-die-hof/

ALSO READ:
■ Murder: Afrikaner veterinarian Dr Rensia de Wet, 46: White River, found raped and stabbed to death, no mention of robbery
http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/2948#izOdWwgsjCkXxGte.99
#StopWhiteGenocideInSA