(Jwplayer)

November 3, 2015

#MURDER: Update: Black attacker holds gun to Afrikaner woman, Cindy Swanepoel's head & pulls the trigger... killing her

Corne Botha moes sien hoe Oscar Ndlovu vir Cindy Swanepoel skiet.
Corne Botha moes sien hoe Oscar Ndlovu vir Cindy Swanepoel skiet.

Then he simply walked out of the office saying to the other people:

 " I have shot the bitch "


Ricardo en Zain Swanepoel saam met hul ma Cindy wat vandag (Woensdag) by haar werk doodgeskiet is.
Ricardo en Zain Swanepoel saam met hul ma Cindy wat Woensdag by haar werk doodgeskiet is.
Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof.
Black killer / Swart Moordenaar: Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof



Opvolg: Poligrafis praat…

Die poligrafis wat Woensdag eerstehands gesien het hoe ‘n vrou koelbloedig deur haar werkskollega vermoor word, sê dit is ‘n prentjie wat nie wil weg gaan nie.
Corne Botha (30) is Woensdag na die BP diesel depot in Belfast om drie van hul werknemers te toets nadat daar dieseldiefstal ontbloot is. Oscar Ndlovu was haar eerste onderhoud vir die dag. Haar apparaat het gewys dat Oscar nie eerlik is nie en mev. Botha het dit so vir hom gesê.
Hy het toe aan haar erken dat hy die diesel gesteel het. Hy het aan haar gevra “Can I go urniate?” en beloof om presies vir haar te wys hoe hy die diesel gesteel het met sy terugkeer.
Hy het vir Cindy Swanepoel (36) en nog ‘n kollega, wat op daardie stadium in ‘n ander kantoor was, gevra vir Junie se kwitansie boeke. Mev. Swanepoel en haar kollega het na die agterste kantoor geloop, waar die poligraaftoets gedoen was, om na die boek, wat saam met ander in bokse verpak was, te soek.
Terwyl hulle besig was om die boeke uit te pak, het mnr. Ndlovu terug in gekom maar amper dadelik weer uitgestap.
Mev. Swanepoel se kollega het daarna uit die kantoor gestap. Sy het agter gebly en aanhou soek na die spesifieke boek. Mnr. Ndlovu het vir die tweede maal teruggekom en saam met mev. Botha en mev. Swanepoel om die tafel gaan staan.
“Ek het ophou lees in my boek want ek het besef ek het September se boek beet. Toe ek opkyk sien ek hoe hy sy arm lig en dat daar ‘n pistool in sy hand was. My brein wou nie sinmaak van wat aangaan nie. Ek het nie besef wat gaan gebeur nie.”
Mev. Botha sê dat hy die pistool naby mev. Swanepoel se kop gehou het, terwyl sy besig was om in die boek voor haar te lees. Sy was glad nie bewus van die vuurwapen nie.
“Dit het gevoel of hy ‘n paar sekondes huiwer, en toe trek hy die sneller.”
Wat vir mev. Botha soos ‘n ewigheid gevoel het, het in ‘n oogwink gebeur. Sy het gegil en in die rigting van die deur na buite, in die voorste kantoor begin hardloop. Sy het die heeltyd verwag om nog ‘n skoot te hoor.
“Ek was seker dat hy my in die verbygaan of van agter gaan skiet.”
Die ander werkers het onder die kantoor se tafels weggekruip.
IMG-20151028-WA0000
Buite het mev. Botha ‘n man teëgekom en hom gevra om die polisie te bel. Die ander vrouens wat in die kantoor was het by die deur uitgestorm en hulle het kort daarna nog ‘n skoot gehoor.
“Ons het gedink dat hy op ons skiet. Ons almal het saam met die oom in die bakkie geklim en toe na die polisiestasie gery.”
Mnr. Ndlovu het aan iemand gesê dat hy ‘n “hond” in die kantoor geskiet het.
Mev. Botha sê dat sy twyfel of sy ooit weer ‘n poligraaftoets sal doen.
“Dit was ‘n aaklige ding om te beleef. Niemand was lelik met hom nie. Cindy het hom tot ‘Oscartjie’ genoem.”
Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof.
Oscar Ndlovu het Vrydag 30 November voor gekom in die Belfast hof.



Ek kan nie glo hy het haar lewe gevat oor simpel dieseldiefstal nie. Dit is so onnodig. Maar ek het gisteraand vir hom ook gebid.
• Mev. Swanepoel se sussie, Melanie du Plooy, sê dat dit die familie swaar getref het. Hulle was teen Donderdag besig met begrafnisreëlings. Dit sal heel moontlik volgende Vrydag in Belfast, plaasvind. Enige iemand wat met die familie in aanraking wil kom kan die Middelburg Obsever bel by (013) 243 1434.
• Mev. Swanepoel was die ma van twee seuns, Ricardo (11) en Zain (10). Sy laat haar man Martin, sussie Melanie en broer Pieter du Plooy, asook haar skoonpa, Koos Swanepoel, skoonsussie, Mariza en haar man Karel Cronje, agter.
Die seuns sal by hul pa en oupa bly.
• Ndlovu verskyn vandag (Vrydag) in die hof in Belfast. Hy word van moord, poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie aangekla. Die staat staan borg teë. Daar word verneem dat die gemeenskap beplan om voor die hof te betoog teen die moord.
http://mobserver.co.za/36627/poligrafis-praat/

ALSO READ:

● #MURDER: Afrikaner mother of two, Cindy Swanepoel shot dead in cold blood by a black work colleague after he has undergone a lie detector test at a diesel depot in Belfast

Then he simply walked out of the office saying to the other people:

 " I have shot the bitch "


#StopWhiteGenocideInSA