(Jwplayer)

November 3, 2015

#FarmAttack: Update: Two Afrikaner couples & a baby brutally attacked, shot & assaulted by armed black attackers

" Her earlobes were torn as the black attackers pulled the earrings forcibly.... One of them walked over towards me and pointed the loaded gun to my face... I really thought I was going to die tonight "

" They tried to grab our baby daughter from Monique's arms... she clung to our daughter to prevent the black attackers from grabbing her, then they hit her over the head with a crowbar "

Christo was trying to protect Monique but got shot. He went down on the floor, lying next to Monique. The hero mom fight tooth and nail to save their baby daughter from the armed attackers by hiding the baby under her on the floor.
" They hit Monique on the head again. Several times..... they hit her so hard it sounded like gunshots... "

ʼn Jong ma van Rustenburg het Vrydagaand bo-oor haar 15 maande oue babatjie gaan lê in ʼn desperate poging om haar te beskerm teen die aanvallers wat die gesin op ʼn plaas buite die dorp oorval het.
Monique van den Berg (24) het skedelbreuk en breinbloeding opgedoen nadat die aanvallers haar met ʼn koevoet aangerand het en haar man, Christo (26), is in die been geskiet. Monique se neef, Martin (24), moes ook steke kry nadat die aanvallers hom ook met die koevoet bygekom het. Sy vrou is ongedeerd

Christo het aan Maroela Media vertel dat hy en Monique laat die aand by Martin en sy vrou gaan koffie drink het aangesien hulle gesukkel het om hul baba aan die slaap te kry. Hulle het omstreeks 22:00 die aand by Martin-hulle se plaas net sewe kilometer buite Rustenburg aangekom. “Ons was seker net tien minute daar, toe breek twee mans deur die veiligheidshek en agterdeur. Dit was soos blits, hulle was binne oomblikke in die huis,” het Christo gesê. Die gewapende aanvallers het dadelik geld en vuurwapens geëis. Volgens Christo het die rowers al die juweliersware wat hulle aangehad het, bymekaargemaak en Monique se ore geskeur toe hulle haar oorbelle afgeruk het. Terselfdertyd het hulle vir Martin met die koevoet oor die kop geslaan. “Hulle het probeer om ons dogtertjie uit Monique se arms te ruk. Sy het haar teruggegryp en toe slaan die aanvaller haar hard oor die kop met die koevoet.” Monique het geval en Christo het tussen haar en die aanvaller gaan staan. Die een aanvaller het hom in sy kuit geskiet en hy het ook geval. Hulle het Monique weer ʼn paar keer hard oor haar kop geslaan. “Sy het haar rug op hulle gedraai en bo-oor ons dogtertjie gaan lê om haar te beskerm. Daardie houe teen haar kop was so hard, dit het soos geweerskote geklink,” het Christo gesê. Hy het opgespring en probeer om die aanvallers te keer. Een van die aanvallers het in sy rigting geskiet en Christo het platgeval.Hy het nader gestap en die vuurwapen teen my gesig gedruk. Ek het gedink, vanaand is die aand wat ek sterf, het Christo gesê. “Toe draai hulle net skielik om en stap rustig uit die huis uit. Hulle het nog die agterdeur mooi netjies agter hulle toegetrek ook.” 

Christo het dadelik met Monique na die hospitaal gejaag waar sy in die hoësorgeenheid opgeneem is. Sy moes meer as 30 steke aan die wonde aan haar kop kry en het skedelbreuk en breinbloeding opgedoen. Martin en Christo is albei ook vir hul wonde behandel, maar intussen weer ontslaan. “Dit gaan baie goed met Monique en sy is helder en kan duidelik onthou wat Vrydagaand gebeur het. Sy sal nog ʼn rukkie in die hospitaal wees, maar in die omstandighede gaan dit goed,” het Christo gesê. Hy en hul dogtertjie bly intussen by sy ouers terwyl hy aansterk.

■ Nog ʼn egpaar is Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing buite Mooinooi deur sewe gewapende rowers oorval. 

■ Maroela Media verneem dat ʼn derde egpaar ook Vrydagaand op ʼn plaas in die Beestekraal-omgewing buite Rustenburg aangeval en die man deur die aanvallers geskiet is. Die polisie kon egter nog nie die derde aanval bevestig nie en Maroela Media wag op kommentaar.

#StopWhiteGenocideInSA