(Jwplayer)

November 1, 2015

#ATTACK: Blanco becoming dangerous no-go town for whites. Afrikaner loved-one's gravestones were vandalised & destroyed, families get attacked by blacks at home


Vandale teiken begraafplaas
Een van die grafstene wat omgegooi en gebreek is. Foto: Jan Vermeulen












Vandale teiken begraafplaas

GEORGE NUUS - 'n Voormalige Blanco-inwoner Ruan Gerber, wat deesdae in Johannesburg woon, was geskok toe hy foto's sien van skade wat vandale aan grafte daar aangerig het.
 
Gerber se pa is in 1994 daar begrawe en sy ma, wat nog in Blanco woon, is deesdae te bang om haar man se graf alleen te besoek, sê hy. "Geen mens kan dit waag om alleen daarheen te gaan nie. Die heinings word afgesteel, grafstene afgebreek, en selfs die marmer-blaaie word nie ontsien nie. Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie."
 
Hy meen die George-munisipaliteit behoort 'n meer permanente teenwoordigheid daar te hê en beter instandhouding te doen. "Daar is oral gate gegrawe wat aandui dat mense tot grond verwyder."
 
Gerber sê by die munisipaliteit is hy van bakboord na stuurboord gestuur toe hy sy klagte wou aanmeld.
 
Volgens die munisipaliteit se mediaskakelbeampte, Chantel Edwards-Klose, het pogings van die munisipaliteit om in 2013 'n heining daar op te rig klaaglik misluk. Die materiale is gekoop en 'n kontrakteur aan-gestel, maar mense in die omgewing het die kontrakteur, sy span en voertuig vir twee dae met klippe bestook toe hulle begin werk het.
 
Materiaal wat in die grond vasgesit is, is ook gesteel en die kontrakteur het opgegee. Die munisipaliteit het daarna die oorblywende materiale verwyder en gestoor, van waar dit later gesteel is.
 
Vroeër vanjaar is die laaste lemmetjiesdraad (wat in 2004 geplant is) aan Maitlandstraat se kant gesteel. Slegs die houtpale het oorgebly.
 
Sy sê die Parke en Rekreasieafdeling het 'n begraafplaasspan van ongeveer 13 mense wat tussen die sewe begraafplase in die George-area geroteer word en verantwoordelik is vir netheid. Daar is geen permanente personeel by Blanco nie.
 
"Die munisipaliteit doen 'n beroep op die gemeenskap van Blanco en elders in George om standpunt in te neem teen vandalisme en diefstal en dit aan te meld by die munisipale wetstoepassingskantoor by 044 801 2900."
 
Gerber het gesê Blanco is nie meer die veilige gemeenskap wat dit in sy jong dae was nie.
 
"My ma was ook die teiken van drie jong laaities wat drie dae agtermekaar teruggekom het om te kom steel. Die laaste keer het hulle die agterdeur afgeskop. Dis nie hoe ek Blanco onthou nie."
http://www.georgeherald.com/news/News/General/150450/Vandale-teiken-begraafplaas

#StopWhiteGenocideInSA