(Jwplayer)

October 28, 2015

#FarmAttack: Young teen girl (15) was attacked, tied up & robbed by three black attackers, PE smallholding

This is the third attack on residents in the area over the past 10 days


NÓG 'N AANVAL OP BAAISE HOEWE: MEISIE (15) VASGEBIND EN BEROOF 

Skaars ’n halfuur nadat hy hul huis in Draaifonteinweg verlaat het, het die pa van ’n tienermeisie ’n oproep ontvang dat sy dogter deur rowers vasgebind was.

“Daardie oproep het gedagtes deur my kop laat gaan waaraan ek nog nooit vantevore gedink het nie,” het Des Welgemoed gister hoorbaar ontsenu oor die aanval op sy dogter gesê.

Na bewering het drie mans gistermiddag omstreeks 16:50 toegang tot Welgemoed se huis op sy kleinhoewe verkry waar sy dogter (15) alleen by die huis was.

“My dogter sê hulle het haar hande en voete met drade vasgebind, voordat hulle waardevolle items gevat en gevlug het,” het Welgemoed gesê.

Die meisie – wie se naam op versoek van haar pa weerhou word – het haarself losgewikkel en hulp by die bure gaan vra.
Die bure het die paniekknoppie vir Nitrous-sekuriteit gedruk en ’n beskrywing van die vermeende rowers deurgegee.

Volgens Monty Montgomery, bedryfsbestuurder van Atlas-sekuriteit (onder wie Nitrous ook val), het Themba Kubashe, ’n sekuriteitswag,binne 20 minute een van die vermeende rowers vasgetrek. “Die staatmaker Themba het ’n man in Missionweg (sowat 10 km van die misdaadtoneel) met van die gesteelde goedere in sy besit betrap,” het Montgomery gesê.

Volgens Welgemoed was dit ook die bure wat hom van die voorval verwittig het. “Ek het net ’n motor gaan aflaai, toe kry ek die oproep. Ek was amper mal van bekommernis. Ek het huis toe gejaag, maar gelukkig was die sekuriteitsmaatskappy vinnig hier.”

Dit is die derde aanval op inwoners in die omgewing die afgelope 10 dae.

Verlede Sondag is Johan van der Berg (54) se lyk in ’n poel bloed in sy huis in Groenbossies aangetref. In ’n tweede voorval het Kobus du Toit (74) ’n aanval en drie skietwonde oorleef toe hy op sy plaas Brakkefontein in Rocklands deur vier mans aangeval is.

Vir Welgemoed, wat nou sewe maande in Draaifontein woon, is die aanvalle in die gebied “kommerwekkend”.

“Die misdaad is besig om handuit te ruk. Dit is veronderstel om ’n stil gebied te wees, maar dinge raak nou baie lelik. As ek dink aan die ander voorvalle, kon dinge soveel anders vir my dogter uitgedraai het. Ek is net dankbaar sy leef,” het Welgemoed gesê.

Ao. Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, het gisteraand gesê drie verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem. - CARA-LEE SCHEUN

Foto: Vicky Coetzee van Nitrous Sekuriteit (regs) en Monty Montgomery van Atlas op die toneel. Fotograaf: WERNER HILLS

Die Burger Oos-Kaap
https://m.facebook.com/677138845717844/photos/a.678699288895133.1073741828.677138845717844/826331814131879/?type=3&source=48&fs=0



#StopWhiteGenocideInSA