(Jwplayer)

October 28, 2015

#MURDER: UPDATE: Family to vacate their home after breadwinner, Norman Aarons was murdered. Black killers still on the run

Mr Aarons, was overpowered in his bedroom, and shot while he had his hands in the air
Die vermoorde mnr. Norman Aarons, is Donderdag tot rus gelê.
Die vermoorde mnr. Norman Aarons, is Donderdag tot rus gelê.

Opvolg: Polisie sê arrestasies kom

Arrestasies is egter nog nie gemaak nie.

Intussen maak die gesin gereed om die huis te ontruim, omdat hulle nie die huur kan bekostig nie.

Mnr. Aarons het die huis met sy vrou Elsa, hul dogter Andrea, dié se verloofde Juan, en Andrea se twee kinders, gedeel.

Mnr. Aarons is met een skoot, terwyl sy hande in die lug was, in sy slaapkamer doodgeskiet.

Elsa en haar kleinseun Liam (5) was op die bed in die kamer saam met mnr. Aarons, toe Andrea skielik ingehardloop het om hulle te waarsku van die huisroof in aanvang.

Mnr. Aarons het gepoog om sy wapen uit die kluis te haal, maar is by die kasdeur deur twee huisrowers oorval.

Terwyl hulle hom teen die kasdeur met sy hande in die lug vasgedruk het, het ‘n derde makker om die kamerdeur geloer en mnr. Aarons sonder waaskuwing geskiet.

“Wat ons na die tyd opgeval het is die feit dat die rower maklik een van sy bendelede kon raakskiet toe my pa vermoor is,” het mnr. Aarons se seun, Eric, dae na die moord gesê.

Die polisie wou nie enige sensitiewe inligting bekendmaak, anders om te sê “arrestasies kan binnekort verwag word”.

Die huis is na die moord omstreeks 23:30, deur forensiese spesialiste gefynkam vir vingerafdrukke, wat volgens ‘n bron wel gekry is.

Hoewel die gesin nie beslis kan sê hoeveel rowers betrokke was nie, kon vier wel bevestig word.

Die rowers het te voet gevlug.

http://mobserver.co.za/36203/polisie-se-arrestasies-kom/

Also read:
■ #MURDER: Breadwinner shot & killed by blacks in front of his wife, daughter & grandson at home. NO ARREST MADE

#StopWhiteGenocideInSA