(Jwplayer)

October 28, 2015

#MURDER: Elderly man, John Barrington (85) killed on his birthday in a retirement village in PE

The elderly man's hands were tied up and he had blood under his nose

’n Bejaarde man wat vandag sy 85ste verjaarsdag sou vier, is vroeg Woensdagoggend in ’n Baaise aftreeoord vermoor. Die lyk van John Barrington is vanoggend deur sy huiswerker en die opsigter van die Duncan Ferguson-aftreeoord in Somerstrand in Port Elizabeth op sy bed aangetref.

“Die man (Barrington) se hande was voor hom vasgebind en hy het bloed onder sy neus gehad,” het ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, Woensdagoggend by die moordtoneel gesê.
Tans word bespiegel dat Barrington, wat alleen in die huis gewoon het, verwurg is, maar die presiese oorsaak van sy dood moet nog in ’n lykskouing bepaal word.

Barrington se moordenaar(s) het vermoedelik toegang tot die aftreeoord gekry deur ’n drom teen ’n grensmuur in Sewendelaan neer te sit, op te klim en oor die geëlektrifiseerde heining te spring.
By Barrington se huis is daar tekens dat ’n venster oopgedwing is. Volgens Labans is bykans elke vertrek in die huis omgekeer en is dit moeilik om te bevestig wat presies gesteel is.
’n Polisiehelikopter is ingespan om na verdagtes in die omgewing te soek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-10-28-bejaarde-op-verjaardag-in-aftreeoord-in-pe-vermoor

ʼn Inwoner van ʼn aftree-oord in Somerstrand, Port Elizabeth, se liggaam is Woensdag op sy 85ste verjaardag in sy kothuis aangetref.
Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam is gevind nadat sy huishulp omstreeks 08:00 by die Duncan Ferguson-aftreeoord opgedaag het. “Sy het die klokkie by die oord se hek gedruk, maar daar was geen antwoord nie. Sy het toe die tuinwerker gevra om vir haar die hek oop te maak.” Die man se kothuis was egter ook gesluit en die huishulp het die opsigter van die aftree-oord geroep. Nadat hulle die man gebel het en hy nie geantwoord het nie, het hulle die huisie oopgesluit en binnegegaan. “Hulle het sy liggaam op sy bed aangetref, met sy hande vasgebind,” het Labans gesê. “Daar was bloed aan sy neus, maar andersins geen sigbare wonde of beserings nie. Die hele huis was omgekeer en dit het gelyk asof die moordenaars goed gesoek het om te steel.” Volgens Labans was ʼn venster in die huis oop en het die verdagtes vermoedelik so toegang tot die kothuis verkry. “Ironies genoeg is dit vandag sy verjaarsdag. Hy het 85 jaar oud geword,” het hy gesê. ʼn Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal. Die man se naam kan nog nie bekendgemaak word nie. Labans het gesê die man se seun was op die moordtoneel, maar die res van sy naasbestaandes moet nog van sy dood ingelig word. ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/bejaarde-op-verjaardag-in-aftree-oord-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA