(Jwplayer)

October 29, 2015

#FarmAttack: Update: NEGLIGENCE BY SA POLICE, FOUR BLACK FARM ATTACKERS WALKED FREE DUE TO INSUFFICIENT EVIDENCE

Afrikaner couple: Elize & Jaap Swart

Woede: 4 vry ná erge aanval....Bewerings van swak polisiewerk.
Dit het vir haar gevoel asof ’n handgranaat op haar kop val toe sy hoor die mans wat haar en haar man byna doodgemaak het, is in die Bloemfonteinse streekhof vrygespreek, sê Elize Swart (67).
Net meer as 21 maande ná die nagmerrie-gebeure op ’n Sondagoggend vroeg op hul plaas Springfield in die Bloemspruit-omgewing het vier van die vyf aangeklaagdes vry uit die hof gestap.
Die ander een is nog in die tronk nadat hy vroeër in Hobhouse skuldig bevind is dat hy haar man, Jaap (68), ’n afgetrede ortopediese chirurg, se vuurwapen gehad het.
Die staat se getuienis was onvoldoende, het streeklanddros M. Daya bevind.
Die skuld daarvoor kan regstreeks voor die deur van die polisie gelê word, is aan Volksblad gesê. Geen forensiese getuienis, soos vingerafdrukke, is in die verhoor aangebied nie.
Hoewel die aanvallers die oggend van 12 Januarie verlede jaar ure lank in en om die huis was, het die polisie blykbaar nie na vinger- of palm-afdrukke daar, of in Jaap se bakkie, wat hulle by Thaba Nchu gekry het, gesoek nie.
Verder is die uitkenningsparade onder verdenking geplaas waarop Jaap die man uitgeken het wat hom 20 keer met ’n mes gesteek het deurdat die polisie vooraf in die hospitaal aan hom foto’s van dié man met sy Rasta-hare gewys het.
Boonop het dié man ook baie opvallend in die uitkenningsparade uitgestaan. Hy was baie langer as die ander en ook die enigste een met Rasta-hare.
Wat die egpaar erg ontstel, is dat die polisie wou hê hulle moes in die hof lieg oor die foto van die verdagte wat in die hospitaal aan hulle gewys is.
Jaap is oortuig hul aanvallers gaan dit weer doen. “Hulle is plaasmoordenaars.”
Nou is hulle vrygelaat.
Hy was ná die aanval twee weke en Elize ’n week in ’n intensiewe-sorg-eenheid. Hy is ná drie weke uit die hospitaal ontslaan en sy ’n paar dae vroeër.
Benewens die messteke was sy linkeroor feitlik heeltemal afgesny en die gevoel in sy linkerhand het nou nog nie volkome herstel nie. Die oor is weer geheg.
Elize is minstens 18 keer met ’n ysterpyp geslaan en haar bekkenbeen en stuitjie is gebreek. Vroeër vanjaar is haar linkerskouer vervang. Dit het sowat twee uur geneem om die tandsplinters uit haar mond te verwyder.
Elize sê sy was aanvanklik woedend. “Ek het nou ’n kalmte in my gekry.”
Sy moes daardie dag toekyk hoe haar man met die mes gesteek word. In ’n stadium was sy in ’n kamer vasgebind met ’n kombers oor haar.
“Ek het gehoor hoe hy skreeu van pyn en gehoor dit kom al hoe nader soos hulle hom gesleep het.”
■ ’n Woordvoerder van die Valke in Pretoria het gesê ondersoekbeamptes weet wat gedoen moet word. Nie alle sake word op dieselfde wyse ondersoek nie.
Hy het gesê slagoffers wat meen hul sake word nie behoorlik ondersoek nie, moet dit aanmeld.
http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-10-29-woede-4-vry-n-erge-aanval


Also read:

Read more...








You get paid to rule this country and so does the BEE and Affirmative Action appointed members to do so, so do your JOB! 



1403628397426


#StopWhiteGenocideInSA