(Jwplayer)

September 17, 2015

#Murder Update: Four black killers of Potchefstroom farmer, Koos van der Leeuw, bail hearing adjourned to October


Potch-moordverdagtes hoor in Oktober oor borgtog

Potch-moordverdagtes hoor in Oktober oor borgtog
Potchefstroom - Die borgtogverhoor van vier verdagtes wat verbind word tot die moord van Potcehfstroom-beesboer Koos van der Leeuw, is vandag in die plaaslike landdroshof tot 6 Oktober uitgestel.
Die verdediging en staat sal dan hul finale argumente lewer, waarna Landdros Estie Jansen haar beslissing sal maak. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van onder meer moord, en roof met verswarende omstandighede.
Die 68-jarige Van der Leeuw is op 18 Augustus in ‘n rooftog by ‘n abattoir in die stad geskiet. Hy is later die dag in die Mediclinic Sandton dood. Die verdagtes het met R77 500 en ’n selfoon gevlug.
Dit het verder uit ‘n beëdigde verklaring deur die ondersoekende beampte, Bonita Dry, geblyk dat Samuel Motsi, Aida Lebaka, Tefo Mohua en Malumo Ngcamphalala elk d.m.v. selfoonrekords met mekaar verbind kan word, en ook op die dag van die moord almal in Potchefstroom was.
Die verdagtes se arrestasies het gevolg ná die polisie ’n wenk van ’n informant ontvang het, wat intussen ook aangedui het dat hul bereid is om in die saak te getuig. 
Die verdediging wou op grond van hierdie feite nuwe borgaansoeke lewer, met bewyse wat hul beweer het díe van die staat sou teenstaan.
Landdros Jansen het die verdediging egter gemaan dat ’n borgaansoek nie ’n verhoor is nie, en indien die verdediging met nuwe aansoeke na vore sou kom ,die staat bloot daarteen sou appeleer - wat die proses onnodig sou uitrek. Sy het daarna die datum vir finale argumente en haar beslissing vasgemaak.
http://www.ofm.co.za/article/Local-News/171227/Potchmoordverdagtes-hoor-in-Oktober-oor-borgtog?utm_source=dlvr.it&utm_medium=twitter

4 suspects in the Van Der Leeuw murder case face 6x charges, including murder, attempted murder, and robbery with aggravating circumstances
https://twitter.com/OFMNews9497/status/644430888793698309

ALSO READ:


● MURDER: Update: Farmer, Koos van der Leeuw (68) shot dead in cold blood 

#Murder #Farmer